Die basiese beginsels van die Christelike geloofVoorbeeld

"… en in 'n ewige lewe."
“En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en ook Hom wat U gestuur het – Jesus Christus” (Johannes 17:3).
Die Bybel begin met 'n skepping wat "baie goed" was en waar die eerste mense in perfekte harmonie met hul Skepper geleef het. Dit eindig met 'n wonderlike visie van die toekoms wat God vir sy kinders in die vooruitsig het, wat selfs beter is. Die boek Openbaring vertel ons dat daar in hierdie nuwe skepping geen dood, hartseer, gehuil of pyn meer sal wees nie. En die beste van alles, “God self sal by hulle wees en hulle God wees” (Openbaring 21:3).
Die wêreld om ons is heeltemal anders as hierdie ideaal. Sonde het God se goeie skepping binnegegaan, wat tot pyn en dood gelei het. Die natuur ly. Mense ly aan siektes, ondervind natuurrampe, gebroke verhoudings of ander ellende. En op die ou end sterf hulle almal.
Maar die Bybel bied hoop. Daar is 'n manier om hierdie hopeloosheid te ontsnap; deur die enigste ware God te ken. Jesus Christus het God aan ons geopenbaar en dit moontlik gemaak om ons verhouding met Hom te herstel. Wanneer ons bevry is van ons slawerny aan sonde en dood, sal ons vir ewig lewe.
Dit word pragtig saamgevat in 'n bekende Bybelvers: "Ja, God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê" (Johannes 3:16).
Dit is die basis van die Christelike geloof. Glo jy in Jesus?
Dankie dat jy hierdie leesplan voltooi het. Ons hoop dit het sommige van jou vrae beantwoord. As jy meer wil leer oor die Christelike geloof, teken in op ons Bybel Basis kursus en ons nooi jou ook uit om in te teken op ons daaglikse oordenkings.
Aangaande hierdie leesplan

As jy nuut is in die Christelike geloof, is daar baie om te leer. Mens kan maklik verdwaal in al die stories, sleutelwoorde en waarhede waaroor Christene praat. Hierdie leesplan gee 'n kort opsomming van die basis van die Christelike geloof, deur 'n eeueoue geloofsbelydenis te lees waaroor feitlik alle kerke wêreldwyd saamstem. Dit is die kern van Christenskap wat jy regtig moet weet!
More
Ons wil graag GlobalRize bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: globalrize.org