Die basiese beginsels van die Christelike geloofVoorbeeld

"... wat ontvang is deur die Heilige Gees en gebore is uit die maagd Maria ..."
“... aangaande sy Seun – wat na die liggaam uit die nageslag van Dawid gebore is, wat na die Gees van heiligheid op grond van sy opstanding uit die dood kragtig aangedui is
as die Seun van God – Jesus Christus, ons Here” (Romeine 1:3-4).
Die geloof in 'n drie-enige God, wat een en drie op dieselfde tyd is, is verbysterend. Wat nog meer verbasend is, is dat die ewige Seun van God mens geword het. Hy het 100% God gebly, maar het so 2 000 jaar gelede ook 100% mens geword. Sy menslike naam was Jesus.
Jesus is uit Maria gebore. Sy was nog 'n maagd toe sy swanger geraak het. Toe ’n engel haar swangerskap aangekondig het, het Maria gewonder: “Hoe sal dit gebeur? Ek is steeds ’n maagd.” Die engel het haar geantwoord: “Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom sal die Kind wat gebore word, heilig wees; Hy sal Seun van God genoem word” (Lukas 1:34-35).
Jesus het dus 'n menslike moeder en 'n goddelike Vader gehad. Hy is in baie nederige omstandighede in die stad Betlehem gebore. Hy is grootgemaak deur sy ma Maria en haar man Josef. As volwassene het Hy deur Israel en buurlande gereis om mense van God te leer. Mense was aangetrek deur sy woorde en die wonderwerke wat Hy gedoen het, maar dit was moeilik vir hulle om te verstaan dat hierdie man die Seun van God is. Maar Hy is, en hierdie geloof is 'n wesenlike deel van die Christelike geloof.
God die Seun het Homself diep verneder deur mens te word. Wat sê dit vir ons van God se karakter?
Aangaande hierdie leesplan

As jy nuut is in die Christelike geloof, is daar baie om te leer. Mens kan maklik verdwaal in al die stories, sleutelwoorde en waarhede waaroor Christene praat. Hierdie leesplan gee 'n kort opsomming van die basis van die Christelike geloof, deur 'n eeueoue geloofsbelydenis te lees waaroor feitlik alle kerke wêreldwyd saamstem. Dit is die kern van Christenskap wat jy regtig moet weet!
More
Ons wil graag GlobalRize bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: globalrize.org