Die basiese beginsels van die Christelike geloofVoorbeeld

"… en in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here …"
“God is getrou, deur wie julle geroep is tot verbondenheid met sy Seun, Jesus Christus, ons Here” (1 Korintiërs 1:9).
Die woord Christendom is afgelei van die naam van Jesus Christus. Hy is God die Seun. Terwyl daar ander gelowe is wat in die bestaan van God glo, is die geloof dat Hy bestaan as Vader, Seun en Heilige Gees uniek tot die Christelike geloof.
Die woord seun impliseer gewoonlik 'n pa en 'n ma wat saam 'n kind het. Maar God het nie 'n vrou nie, en Jesus bestaan van ewigheid af en sal vir ewig bestaan, net soos God die Vader. Dus het die woord seun nie hierdie gewone betekenis wanneer dit van toepassing is op Jesus Christus nie. Wat dit wel uitdruk, is dat Jesus van dieselfde aard as die Vader is. Hy is net soveel God. Boonop beteken dit dat hulle 'n hegte en liefdevolle verhouding het en dat Jesus altyd soos God die Vader optree en sy wil volkome vervul. Die Bybel verwoord dit soos volg: “Hy is die uitstraling van God se heerlikheid, en die ewebeeld van sy wese” (Hebreërs 1:3).
Aangesien Jesus God is, het Hy dieselfde gesag as God die Vader. Daarom is dit reg om Hom as Here te aanbid. Hy is ons gehoorsaamheid en toewyding waardig. Aanbid jy Hom?
Aangaande hierdie leesplan

As jy nuut is in die Christelike geloof, is daar baie om te leer. Mens kan maklik verdwaal in al die stories, sleutelwoorde en waarhede waaroor Christene praat. Hierdie leesplan gee 'n kort opsomming van die basis van die Christelike geloof, deur 'n eeueoue geloofsbelydenis te lees waaroor feitlik alle kerke wêreldwyd saamstem. Dit is die kern van Christenskap wat jy regtig moet weet!
More
Ons wil graag GlobalRize bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: globalrize.org