Veilig in sy handVoorbeeld

Veilig in sy hand

DAG 1 VAN 7

Deurboorde hande

In die belangrikste toneel wat in Jesus se lewe afspeel, is die fokus op sy hande. Die verskriklike smart toe Jesus se hande met Romeinse spykers aan die dwarsbalk van die kruis vasgeslaan is, wil ek my nie eens probeer voorstel nie.

Deur die eeue tot vandag is misdadigers se hande (en soms ook voete) geboei wanneer hulle gevange geneem is. Geboeide hande (en voete) is die mees effektiewe manier om iemand magteloos en hulpeloos te laat.

Jesus se hande (en voete) was meer as net geboei, hulle was met spykers aan ’n kruishout vasgepen. Watter toonbeeld van hulpeloosheid toe God met sy hande deurboor aan ’n kruis gehang het. Was daar al ooit ’n meer hulpelose figuur? Met ’n skare wat gekskeer: “Ander het Hy verlos, Homself kan Hy nie verlos nie!”

Met die uitsondering van Johannes, het al sy dissipels gaan wegkruip en gewonder of hulle hul misgis het – hierdie hulpelose mens kan tog nie God wees nie!

Die vernedering van sy vleeswording is voltooi; die vonnis is uitgedien. Met sy laaste kruiswoorde kom daar ander Hande ter sprake: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor!”

Hande waarvan Jesus in Johannes 10:29 (AFR53) sê: “My Vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.”

Miskien moet ons weer oor sy hande aan die dwarsbalk van die kruis dink – veral in ons eie swak, hulpelose en moedelose tye. Dank God dan dat ons sélf nooit uit die Vader se hand geruk kan word nie.

Dankie vir u hande wat ook vir my deurboor is en vir die wete dat ek veilig in u hande is. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Veilig in sy hand

Die lewe is beslis nie altyd maklik nie en ons as mense is beslis kwesbaar! Isak Burger kom verseker ons dat ons op God se edele sorg, liefde en beskerming kan staatmaak, want ons is vir Hom kosbaar. Dis wonderlik om te weet ons is veilig in sy hand. Hy is die Rots waarop ons huis veilig is, ongeag die winde en storms van die lewe.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us