Veilig in sy handVoorbeeld

God se engele is aan ons kant
As ek in God glo, glo ek ook in die geesteswêreld, want God is gees. Dan moet ek ook glo dat engele – en demone – ’n werklikheid is, aangesien hulle ook geeste is.
Deur die Bybel heen vind ons dat God se engele aan die kant van die gelowige is. Ons Skrifvers (Hebreërs 1:14) stel dit duidelik. Die liefde en beskerming van die Here jeens sy kinders word tot ’n groot mate gedemonstreer deur die bediening van engele in ons lewens.
God se engele is magtige wesens. Dit is duidelik uit talle voorbeelde in die Bybel. Dis darem wonderlik om te weet dat sulke magtige wesens deur die almagtige God terwille van ons gestuur en gebruik word.
Die Satan was ook ’n engel, maar is nou ’n gevalle engel, saam met sy mede-gevalle engele wat in die Bybel "demone" genoem word. Hulle is ook magtige wesens, maar ná hulle val kan hulle nie teen die engele van die Here standhou nie.
Daar is in die Ou en Nuwe Testament ’n paar gevalle waar daar ’n konflik-situasie tussen die engele van God en die gevalle bose geeste was. Gaan kyk gerus na Daniël 10:11-13 en Openbaring 12:7-9.
Uiteindelik, aan die einde van hierdie lewe, sal ’n engel van die Here die Satan bind en in die afgrond werp – een gewone engel!
Dit is wonderlik om te weet die Satan en sy demone het nog nooit en kan ook nooit ’n engel van die Here oorwin nie!
Is jy ook aan die wenkant?
Here, dankie dat u engele ook aan my kant is. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die lewe is beslis nie altyd maklik nie en ons as mense is beslis kwesbaar! Isak Burger kom verseker ons dat ons op God se edele sorg, liefde en beskerming kan staatmaak, want ons is vir Hom kosbaar. Dis wonderlik om te weet ons is veilig in sy hand. Hy is die Rots waarop ons huis veilig is, ongeag die winde en storms van die lewe.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us