Veilig in sy handVoorbeeld

Veilig in sy hand

DAG 2 VAN 7

Meer as ’n ma of ’n pa

Alhoewel God die Vader in die Bybel deurgaans as manlik beskryf word, omvat sy karaktereienskappe egter al die edelste en mooiste eienskappe van ’n pa en ’n ma. Daarvan is daar talle voorbeelde in die Bybel. Elke bewonderenswaardige en goeie eienskap van ’n man en vrou vind sy hoogste vergestalting in God.

So word die krag, goedhartigheid en voorsiening van God as Vader byvoorbeeld in Matteus 7:9-11 uitgebeeld met die verwysing in vers 11 dat ons beste pogings om goeie pa’s vir ons kinders te wees maar sleg afsteek teenoor ons hemelse Vader se voorsiening en goedheid.

Aan die ander kant oortref God se volmaakte liefde ook die beste eienskappe van ’n ma se teerheid en liefde. So byvoorbeeld sê Jesaja 49:15 (AFR53): “Kan ’n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie!”

Ons Skrifvers vandag gebruik ook ’n vroulike beeld van sorg en beskerming uit die natuur wanneer Jesus die aangrypende beeld gebruik van ’n hen wat haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak. Die Jode het egter hulle harte verhard tydens die gunstige tyd toe God hulle besoek het.

Dink ook aan die bemoedigende woorde in die pragtige Psalm 91:4 (AFR53) waar die digter die beeld van ’n hen of ’n voël gebruik om God se sorg en beskerming van sy kinders uit te beeld: “Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil.”

Dankie, Here, dat U meer vir my omgee as wat enigiemand anders. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Veilig in sy hand

Die lewe is beslis nie altyd maklik nie en ons as mense is beslis kwesbaar! Isak Burger kom verseker ons dat ons op God se edele sorg, liefde en beskerming kan staatmaak, want ons is vir Hom kosbaar. Dis wonderlik om te weet ons is veilig in sy hand. Hy is die Rots waarop ons huis veilig is, ongeag die winde en storms van die lewe.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us