Veilig in sy handVoorbeeld

Jesus skryf ’n brief
Die persoonlike brief van Jesus aan Efese word aan die “boodskapper” of “voorganger” van die gemeente gerig.
Jesus noem Homself in hierdie brief die Een “wat die sewe sterre in sy regterhand hou” (Openbaring 2:1b AFR53). Dit dui op sy beskerming en sorg van die herders; hulle is vir Hom kosbaar. Dis wonderlik om te weet ons is in sy hand.
Dan beskryf Jesus Homself as die Een “wat wandel tussen die sewe goue kandelaars” (Openbaring 2:1 AFR53). Volgens Openbaring 1:20 is die kandelare die gemeentes. Die feit dat sy gemeentes “goue” kandelare genoem word, dui op hoe kosbaar en waardevol sy kerk en die plaaslike gemeentes vir Hom is. Die gemeente was allesbehalwe volmaak – daar is immers ook onkruid in ’n koringland.
Deesdae gaan sommige mense redelik argeloos met die kerk en gemeentes van Jesus om. Wees versigtig; hulle is goue kandelare in sy hand!
Hy “wandel” tussen die kandelare. Hy het sy vinger op die pols. Hy weet wat in elke gemeente aangaan.
Hy begin sy brief deur te sê: “Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid … ” (Openbaring 2:2 AFR53). Hy sien álles – wat reg is én wat verkeerd is. Sy inligting is eerstehands, dis nie hoorsê en kom nie van informante nie.
Ons goeie werke maak ons nie salig nie, maar moenie dink dis nie belangrik nie! Jesus let daarna op. Volgens 1 Korintiërs 3:14 is daar ’n beloning wat wag as ons werke bly staan.
Ek wil jou aanmoedig om nie moeg te word om voor die Here te doen wat reg en goed is nie.
U oë is op my en ek is in u hand. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die lewe is beslis nie altyd maklik nie en ons as mense is beslis kwesbaar! Isak Burger kom verseker ons dat ons op God se edele sorg, liefde en beskerming kan staatmaak, want ons is vir Hom kosbaar. Dis wonderlik om te weet ons is veilig in sy hand. Hy is die Rots waarop ons huis veilig is, ongeag die winde en storms van die lewe.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us