Wanneer Jy Skaam en Vernederd VoelVoorbeeld

DAG 4:
"Wees nugter, wees wakker! Die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind" (1 Petrus 5:8 AFR83).
Daar is drie maniere hoe ‘n denkwyse van selfskaamte ons lewe negatief beinvloed:
- Ek probeer my skaamte wegsteek deur altyd perfek op te tree: “Kyk hoe goed is ek; kyk hoe goed kan ek organiseer; kyk hoe goed kan ek klavier speel/sing/dans/skilder.” Ek probeer my skaamte wegsteek deur ‘n perfekte optrede.
- Dis hartseer, maar dit is ongelukkig waar dat die mees kritiese mense juis hulle is wat met die meeste skaamte rondloop. Mense wat ‘n skaamheid in hul eie lewe ervaar, is geneig om andere te laat slegvoel oor hulself. In der waarheid haat ons die sonde in ander, wat ons in onsself haat.
- Ons vermy teleurstelling en besluit sommer voordat ons nog probeer het, dat ons nie sal slaag nie. Ek gaan dit nie maak nie; almal gaan vir my lag; dit gaan 'n mislukking wees! Ek kan nie waag nie, want ek is te dom, te arm, te vet, of nie goed genoeg nie. Deur so te redeneer, mis ons die goeie geleenthede en verhoudinge wat God eintlik graag vir ons wil gee.
Ja, God wil graag sy kinders seën. As jy egter bly vasklou aan jou skaamte, reageer jy lelik en negatief teenoor ander. Jou lae selfbeeld is dikwels die rede hoekom jy so maklik vir ander mense kwaad word en dis soms die rede hoekom ons verslaaf raak aan dinge, mense of sekere middele.
Hoor mooi: Hierdie emosie van selfskaam is nie van God nie!
Doen jouself die guns en gaan bedink presies wat die wortel van jou gevoel van skaamte is. Gaan gesels dan met iemand wie jy kan vertrou en wat saam met jou kan bid. Maak vir jou ‘n tydlyn en skryf neer waar jou gevoel van vernedering en skaamwees jou optrede beïnvloed het. Erken dit hardop, sê jammer as dit nodig is en gee dit dan vir Jesus.
Kies om nee te sê vir enige aanval van die Satan in jou lewe en vat Jesus se vryspraak vir jou. As jy Hom in jou hart het, het jy ‘n nuwe bedekking. Ja, God kyk na jou deur die bloed van Jesus Christus en sien jou as sonder sonde!
GEBED:
My Hemelvader, hoe groot, almagtig en genadig is U tog nie. Dankie dat u liefde my bedek met u genade en oorvloed. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Sonde veroorsaak dat ons dikwels skaam en vernederd voel. Dan sukkel ons om Bybel te lees, of te bid. Kom ontdek vandag God se liefde vir jou en ervaar hoe Jesus Christus se vergifnis ook vir jou beskikbaar is.
More
Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.sonjagoldberg.co.za
Verwante Leesplanne

Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die Kruis

’n Kersfees Saam met Jesus

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal

Anderkant die Duisternis

Hardloop Jy Dalk Weg van Jou Roeping, Soos Jona?

Vaste Geloof

Van die Begin tot in Ewigheid

Wanneer dit Moeilik is om te Vergewe
