Wanneer Jy Skaam en Vernederd VoelVoorbeeld

DAG 7:
"Toe sê die Here vir Josua: vandag bevry Ek julle van die vernedering wat julle beleef het as slawe in Egipte" (Josua 5:9 DB).
“Geen skaamte meer nie!” sê ons Here God. Geen skaamte en vernedering meer vir jou nie!
Onthou jy die Israeliete? Hulle was in ballingskap in Egipte. God stuur Moses om hulle te gaan haal. Hulle trek toe weg uit slawerny uit, maar toe hulle in die woestyn is, is die slaaf-wees mentaliteit nog steeds binne in hulle. Gelukkig was God daar en net voordat Josua en die volk in die beloofde land kon ingaan, sê Hy vir Josua: Vandag bevry ek julle van jul skaamwees en vernedering as slawe!
Jy sien, God het al van die tuin van Eden af die sonde gehaat; hy het Dawid se owerspel verafsku, Hy het geen vreugde ervaar in Petrus wat Hom verloën en Judas wat Hom verraai het nie.
Kan jy jou indink hoe sleg dit vir God is dat ons sonde die oorsaak daarvan is dat ons nie ware vreugde kan ervaar in hierdie lewe nie? Dit breek sy hart dat jou skaamte en vernedering die oorsaak daarvan is dat jy nie gelukkig is en voluit vir Hom kan lewe en die dinge doen wat Hy vir jou bedoel het nie!
Jesus het aan die kruis gesterf vir daardie dinge wat jou beroof van ‘n lewe vol vreugde en afwagting. Hy was naak, gepynig, vernederd en het ‘n baie duur prys betaal sodat ek en jy vry kan wees van enige vorm van verslawing, vernedering of skaamte. God het die klip weggerol, sodat Jesus kon lewe. Net so kom rol Hy die klip voor jou gedagtes en hart weg van al jou sonde, skaamte en vernedering, sodat jy vir altyd kan leef.
Jy kan dus nou met vrymoedigheid na God toe gaan en uitroep:
"U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep. Ek is kosbaar in U oë. My naam is op U handpalms gegraveer. Skaamte, jy het nie beheer oor my nie, maar my Here God het! Ek gaan van nou af kies om geen negatiewe gedagtes in my kop toe te laat nie. Ek gaan net op Jesus Christus fokus."
In Jesus is ek vry!
GEBED:
My Here, ek wil vandag baie laag voor U buig. Ek wil my hele lewe net vir U leef. Dankie dat U my optel hier waar ek in oorgawe voor u buig. Dankie dat u my op ‘n ereplek, regop, kop omhoog langs U laat staan. Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Sonde veroorsaak dat ons dikwels skaam en vernederd voel. Dan sukkel ons om Bybel te lees, of te bid. Kom ontdek vandag God se liefde vir jou en ervaar hoe Jesus Christus se vergifnis ook vir jou beskikbaar is.
More
Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.sonjagoldberg.co.za
Verwante Leesplanne

Wanneer dit Moeilik is om te Vergewe

God wat Wondere Doen: Niks is vir God Onmoontlik nie

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal

Hardloop Jy Dalk Weg van Jou Roeping, Soos Jona?

Vaste Geloof

Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die Kruis

Anderkant die Duisternis

’n Kersfees Saam met Jesus
