Wanneer Jy Skaam en Vernederd VoelVoorbeeld

Wanneer Jy Skaam en Vernederd Voel

DAG 5 VAN 7

DAG 5:

"...God self het gesê: ‘Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie'" (Hebreërs 13:5(b) AFR83).

Weet jy wat het my genees van my skaamwees?

Presies dit waaroor ons nog die heeltyd praat: Die wonderlike wete dat Jesus Christus my met sy bloed aan die kruis skoongewas het van al my sonde, ongeag wat die rede vir my egskeiding was. Hy verstaan en het alreeds die prys daarvoor betaal. Hy het my lief sonder enige voorbehoud.

God het vir Adam en Eva nuwe klere gemaak. Vir my en jou het Hy Jesus kom gee. Jesus wie ons volkome vergewe en wat ons nuut maak. Omdat ek in Hom glo, Hom as koning in my lewe eer en aan Hom gehoorsaam wil wees, is ek ‘n nuwe mens in God se oë! Ja, selfs al maak ek weer foute.

Ons sonde veroorsaak dikwels dat die gevolge van ons verkeerde besluite nie vir ons lekker is nie. Net soos vir Adam en Eva, los God ons nie en belowe Hy dat dat Hy elke dag by ons sal wees. Ek waarborg jou — Hy is werklik altyd daar vir jou as jy Hom met jou hele hart soek.

As jy dalk in die skadu leef van iemand wat jou liggaamlik of emosioneel seergemaak het, weet dat God alle onreg teen jou sal uitsorteer. Hy belowe Hy sal. Jy moet net sy heling vir jou lewe aanvaar en kies om positiewe gedagtes te handhaaf en om die Woord van God oor jou lewe te bid. Mag Jesus jou help om altyd dadelik en vinnig te vergewe. Mag jy die goeie kies, want dit sal nie van jou weggeneem word nie.

Ons probeer dikwels om die seer en skaamte te verdoesel deur ekstra hard te werk, of harder te oefen, of om meer geld te maak. Omdat dit ons nie waarlik gelukkig maak nie, moet ons besef dat dit onmoontlik is om mense tevrede te stel. Dit is uitputtend om elke dag so te leef dat ander jou waardig ag, want mense is feilbaar.

My gebed is dat die Here jou mooi sal help om ‘n passie te ontwikkel om Hom beter te leer ken. Mag jy nooit ophou om in sy Woord te delf en om Hom deel te maak van jou menswees nie.

Gelukkig is God altyd dieselfde en staan sy beloftes vas.

GEBED:

Here, gee dat ek my lewe so sal lei dat ek net vir U tevrede wil stel. Dankie dat U my nooit sal verlaat nie. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Wanneer Jy Skaam en Vernederd Voel

Sonde veroorsaak dat ons dikwels skaam en vernederd voel. Dan sukkel ons om Bybel te lees, of te bid. Kom ontdek vandag God se liefde vir jou en ervaar hoe Jesus Christus se vergifnis ook vir jou beskikbaar is.

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.sonjagoldberg.co.za