’n Kersfees Saam met JesusVoorbeeld

’n Kersfees Saam met Jesus

DAG 3 VAN 7

Geseënde Kersfees is ’n werklikheid

“Wie van die water drink wat Ek hom gee, sal nimmer as te nooit weer dors word nie. Die water wat Ek vir hom sal gee, sal ’n fontein in hom word waarvan die water vir altyd sal bly opborrel.”
(JOHANNES 4:14 NLV)

Jesus was anders as wat mense verwag het. Hy is nie vergesel deur singende engele nie en daar het nie stralekranse bokant sy kop geskyn nie. Koninklikes met biddende hande het Hom nie omring nie. Jesus en sy volgelinge het gestap van dorp tot dorp waar Hy die goeie nuus van God se heerskappy gedeel het. God se nuwe seisoen, sy koninkryk, het aangebreek in ons wêreld.

Jesus se aardse sending het Hom moeg en dors gemaak, soos wat ons in Johannes 4:6 lees. Hy het ’n keer in die dorp Sigar tot rus gekom by die waterput van Jakob (Johannes 4:6). Hier vra Jesus toe vir ’n Samaritaanse vrou water om te drink. Sy was geskok (Johannes 4:7). Mans en vroue het nie eintlik in die openbaar gesels nie, wat nog te sê Jode en Samaritane! Maar so tussen die waterskep deur, bied Jesus toe vir hierdie vrou van sy soort water aan – lewende water (Johannes 4:14).

Sy genade het haar so oorweldig dat sy vir die dorpsmense van Hom gaan vertel het (Johannes 4:28-29). En hulle het dadelik hulle lewens vir Jesus oopgemaak (Johannes 4:30). Hy het drinkwater by hulle dorp se put kom soek, maar in ’n oogwink het sy lewende water hulle dorp oorspoel. Dit is hoe Jesus se Kersfees lyk. En dit is hoe ons dit vandag vier.

Ontvang Hom daarom as die Eregas in jou huis, en ervaar ’n ware Christus-fees.

Aangaande hierdie leesplan

’n Kersfees Saam met Jesus

Gewone mense soos ons word genooi om saam te kom feesvier omdat Jesus na ons toe gekom het. Sy koms het die wêreldgeskiedenis vir altyd verander! Jesus bring egter nie tydelike feesgroete nie. Stephan Joubert kom herinner jou dat Hy hierdie Fees vul met nuwe inhoud. So trek sy feesklere aan in hierdie feestyd en onthou: Hy is die rede vir Kersfees. Hy is die Een oor wie dit gaan.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us