’n Kersfees Saam met JesusVoorbeeld

’n Kersfees Saam met Jesus

DAG 4 VAN 7

Stop nou daardie Kersfees-onvreugde

“Julle, broers en susters, moenie moeg word om goed te doen nie!”
(2 TESSALONISENSE 3:13 NLV)

Ek onthou hoe beswaard ou-dominee elke Kersfees was oor die “verwêreldliking” van hierdie feestyd. Ek was nooit seker wat verwêreldliking beteken nie, maar dit klink erg. Ek dink as jy daardie virus opgedoen het, het jy groot moeilikheid. In elk geval, daar gaan nie ’n Kersfees verby nie of party ouens is beswaard hieroor. Daar is die normale jaarlikse klagtes teen die kommersialisering van Kersfees. Dan is daar ook nog al die godsdienstige beswaardes wat sê dit is ’n heidense fees. Jaar na jaar, sonder uitsondering, daag hulle almal op met hulle pyne.

Nogtans vier ons weer Kersfees. En soos wat ek elke jaar vir sulke beswaardes sê: Ek gee tog self die regte betekenis aan hierdie fees. As ander mense dit met ander motiewe vier, is dit mos hulle saak. Maar ek en my familie kies om Jesus se koms op aarde in hierdie dae feestelik te herdenk. Ons vier nie sy verjaarsdag nie, want 25 Desember is nie Jesus se geboortedag nie. Die vroeë kerk het gekies om hierdie dag, waarop die songod se oorwinning oor die duisternis herdenk is, die aankoms van die ware Lig te vier. Ons doen dit vanjaar weer saam met hulle. Ons is Jesus se mense wat sy feesklere dra en sy opdrag aan ons is om sy beeld uit te dra en elke dag goed te doen aan ander (2 Tessalonisense 3:13).

Aangaande hierdie leesplan

’n Kersfees Saam met Jesus

Gewone mense soos ons word genooi om saam te kom feesvier omdat Jesus na ons toe gekom het. Sy koms het die wêreldgeskiedenis vir altyd verander! Jesus bring egter nie tydelike feesgroete nie. Stephan Joubert kom herinner jou dat Hy hierdie Fees vul met nuwe inhoud. So trek sy feesklere aan in hierdie feestyd en onthou: Hy is die rede vir Kersfees. Hy is die Een oor wie dit gaan.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us