’n Kersfees Saam met JesusVoorbeeld

Op besoek aan die vreemde Kind
“Hulle het toe na die dorp toe gehardloop en vir Maria en Josef gekry, en die Kindjie wat in die krip lê.”
(LUKAS 2:16 NLV)
Die eerste genooides na Jesus se geboorteplek in Betlehem was herders (Lukas 2:8). Terwyl hulle besig was om hulle skape op te pas, het ’n engel skielik tussen hulle gestaan en die nuus van Jesus se geboorte met hulle gedeel (Lukas 2:9-10). Die engel het ook vir die herders gesê waar hulle Jesus sal kry. Hy het vir die herders gesê dat hulle in Betlehem ’n Kindjie in ’n stal sal vind wat in doeke toegedraai is (Lukas 2:11-12). Net hierna het ’n groot skare engele Jesus se aankoms feestelik besing (Lukas 2:13).
Die herders het dadelik vertrek en vir Jesus in ’n eenvoudige voerbak aangetref (Lukas 2:16). Hy was nie deur koninklike prag en praal omring nie. Sy eenvoudige aardse geboorteplek het dit duidelik gemaak dat Hy ’n andersoortige Verlosser is. Die herders se vreugde het egter geen perke geken nie. Hulle het besef doodgewone mense soos hulle was die eregaste by die Here se aankoms.
Vandag nog word gewone mense soos ek en jy genooi om saam te kom feesvier omdat Jesus na ons toe gekom het. Ons weet vandag nog Hy is die enigste hoop vir ons. Sy koms het lewe gebring. Sy koms het die wêreldgeskiedenis vir altyd verander. Neem asseblief hierdie uitnodiging aan. Kom buig voor Jesus in blye aanbidding, soos wat ons graag sing. Trek sy feesklere aan in hierdie feestyd.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Gewone mense soos ons word genooi om saam te kom feesvier omdat Jesus na ons toe gekom het. Sy koms het die wêreldgeskiedenis vir altyd verander! Jesus bring egter nie tydelike feesgroete nie. Stephan Joubert kom herinner jou dat Hy hierdie Fees vul met nuwe inhoud. So trek sy feesklere aan in hierdie feestyd en onthou: Hy is die rede vir Kersfees. Hy is die Een oor wie dit gaan.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us
Verwante Leesplanne

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal

Wanneer Jy Skaam en Vernederd Voel

Van die Begin tot in Ewigheid

Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die Kruis

Anderkant die Duisternis

Vaste Geloof

God wat Wondere Doen: Niks is vir God Onmoontlik nie

Wanneer dit Moeilik is om te Vergewe
