’n Kersfees Saam met JesusVoorbeeld

Kyk saam na God se foto
“Vroeër het God dikwels en op baie maniere deur die profete met ons voorvaders gepraat. Maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur sy Seun. God het Hom bestem om die erfgenaam van alles te wees; trouens, Hy het deur Jesus Christus ook die wêreld en alles wat daarin is, gemaak.”
(HEBREËRS 1:1 NLV)
Ons foto’s vertel ons stories. Jy bêre sekerlik self al daardie foto’s van die kinders se prysuitdelings, sportwedstryde en troues. Ons het spesiale familiefoto’s, maar God het ook sulke foto’s. God het mooi foto’s van sy Kind, kom ons sê eerder “woord-foto’s”. Een van sy aangrypendste geskrewe foto’s van Jesus is daardie mooi een in Hebreërs 1. En hier in Kerstyd wys Hy dit graag vir ons. Hebreërs 1 is God se pronkstuk. Dit vertel dat sy Kind so groot en indrukwekkend is dat die ganse tyd rondom Hom draai. Nadat God op baie maniere in die ou dae gepraat het (Hebreërs 1:1), praat Hy nou in hierdie spesiale tyd met ons deur die Seun (Hebreërs 1:2).
Hebreërs 1:2 vertel dat die heerlikheid van God uit Jesus straal, en dat Hy die afdruk van die wese van God is. Die Griekse woord “karaktēr” wat hier in vers 2 gebruik word, vertel dat Jesus die identiese replika van sy Vader is. Hy is God se ewebeeld. Ons hoor ook hier dat Hy die ware weerkaatsing is van die Goddelike heerlikheid. Praat van ’n fenomenale Kind! Hy is die rede vir Kersfees. Hy is die Een oor wie dit nou gaan. Deur sy mag hou Hy alles in stand. Hy is die erfgenaam van alles. Boonop het Hy mens geword om ons te red. Ons is Syne.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Gewone mense soos ons word genooi om saam te kom feesvier omdat Jesus na ons toe gekom het. Sy koms het die wêreldgeskiedenis vir altyd verander! Jesus bring egter nie tydelike feesgroete nie. Stephan Joubert kom herinner jou dat Hy hierdie Fees vul met nuwe inhoud. So trek sy feesklere aan in hierdie feestyd en onthou: Hy is die rede vir Kersfees. Hy is die Een oor wie dit gaan.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us
Verwante Leesplanne

God wat Wondere Doen: Niks is vir God Onmoontlik nie

Vaste Geloof

Anderkant die Duisternis

Wanneer Jy Skaam en Vernederd Voel

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal

Van die Begin tot in Ewigheid

Hardloop Jy Dalk Weg van Jou Roeping, Soos Jona?

Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die Kruis
