’n Kersfees Saam met JesusVoorbeeld

’n Kersfees Saam met Jesus

DAG 7 VAN 7

Vrede op aarde

“Skielik was daar saam met die engel ’n groot menigte ander engele, ’n leërskare uit die hemel, wat God prys: ‘Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir almal in wie Hy ’n welbehae het.’”
(Lukas 2:13-14 NLV)

Mense haal graag Psalm 122 aan wat sê ons moet bid vir die vrede van Jerusalem. Inderdaad! Daar is egter ’n groter lied wat tans gesing en gebid moet word. Ek praat van die engele se lied by Jesus se geboorte (Lukas 2:14). Hulle het gesing van God se nuwe vrede wat oor die hele wêreld moet weerklink. Hierdie woorde oor God se vrede vir die hele aarde is nie bedoel as gepaste bladmusiek wat moet sorg vir ’n geestelike atmosfeer in hierdie dae nie. Die engele weet Jesus het opgedaag as Messias vir die wêreld. God se nuwe koninkryk wat met Jesus se koms aangebreek het, is nou die wêreld vol.

Vrede is skaars. Nogtans weerklink die engele se lied steeds helder bo alles uit. Nogtans sing die hemele oor God se vrede wat vir almal bedoel is. Elkeen wat kennis gemaak het met die Kind van die krip en die kruis, weet dit. God se boodskap sal nooit anders klink nie. Die lied van die engele sal nooit uitgedoof word deur die gebulder van kanonne nie. Of deur menslike wreedheid nie. Hemelse vrede het opgedaag in Jesus. Om Hom te ken, is om in vrede te leef met God.

Mag die Here se vreugde jou lewe omraam in hierdie Kerstyd. Mag jy saam met die engele sing en feesvier. Geseënde Christus-fees!

Hierdie oordenkings is geneem uit ’N HART SOOS JESUS S’N deur Stephan Joubert © Christelike Uitgewersmaatskappy .

Aangaande hierdie leesplan

’n Kersfees Saam met Jesus

Gewone mense soos ons word genooi om saam te kom feesvier omdat Jesus na ons toe gekom het. Sy koms het die wêreldgeskiedenis vir altyd verander! Jesus bring egter nie tydelike feesgroete nie. Stephan Joubert kom herinner jou dat Hy hierdie Fees vul met nuwe inhoud. So trek sy feesklere aan in hierdie feestyd en onthou: Hy is die rede vir Kersfees. Hy is die Een oor wie dit gaan.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: cumbooks.co.za/pages/about-us