1
Spreuke 15:1
Die Boodskap
’n Sagte antwoord laat die woede bedaar. Skerp woorde maak mense woedend.
Vergelyk
Verken Spreuke 15:1
2
Spreuke 15:33
Liefde vir die Here lei tot groter kennis van die lewe. ’n Nederige manier van leef is belangriker as eer.
Verken Spreuke 15:33
3
Spreuke 15:4
Iemand wat kalm oor probleme praat se woorde maak heel. Vlymskerp woorde kan mense breek.
Verken Spreuke 15:4
4
Spreuke 15:22
Sonder goeie beplanning loop alle planne skeef. Goeie raad verseker sukses.
Verken Spreuke 15:22
5
Spreuke 15:13
Blydskap maak ons vrolik. Hartseer kan ons moed knak.
Verken Spreuke 15:13
6
Spreuke 15:3
Die Here weet wat mense doen. Hy sien al die goeie dinge en al die ongeregtighede raak.
Verken Spreuke 15:3
7
Spreuke 15:16
Dit is baie beter om die Here lief te hê en eenvoudig te lewe as om baie geld te besit, maar tog bekommerd oor jou geld en diep ongelukkig te wees.
Verken Spreuke 15:16
8
Spreuke 15:18
’n Slegte humeur maak ander gou kwaad. Geduld en sagmoedigheid maak mense rustig en kalm.
Verken Spreuke 15:18
9
Spreuke 15:28
’n Gelowige dink mooi voordat hy antwoord. ’n Ongelowige sê sommer die eerste ding wat by hom opkom.
Verken Spreuke 15:28
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's