In ons plek: Lydingstyd leesstukkies deur "Time of Grace"Voorbeeld

In Our Place: Lenten Devotions From Time of Grace

DAG 12 VAN 14

Jy is onsterflik

Dit is menslike natuur om belangrike dinge van self sprekend te aanvaar, is dit nie? Wanneer jy voortgly in jou motor en skielik remligte direk voor jou sien, dink jy nie eens, "Ek wonder of die wrywingswette vandag gaan geld?" nie. Jy slaan net remme aan. Of wanneer jy opstaan in die oggend, wonder jy nie, "Mag hierdie dalk die dag wees wat gravitasie ophou werk en ek stadig wegdryf in die ruimte?" nie. Jy stap net uit op die sypaadjie en aanvaar dat jou voete op die grond sal bly. Ons gee nie baie aandag aan die universele beginsels wat ons lewe aanmekaar hou nie. Maar wat van as die Paastyd nie plaasgevind het nie.

As Christus nie opgewek is nie, begin alles wat jy dink jy weet van die Christendom opkraak en verkrummel, soos 'n gebou wat nie 'n fondasie het nie in 'n windstorm. As Christus nie opgewek is nie, en hier is die ergste van alles: Bly jou sondes onvergewe en sal jy oor hulle geoordeel word. Hulle wat in Christus gesterf het is dan verlore. As ons net vir hierdie lewe hoop in Christus het, sê Paulus ons is meer bejammerenswaardig as alle mense.Maar snap hierdie:Die Bybel verklaar, "Maar Christus is inderdaad opgewek uit die dood, die eerstevrugte van hulle wat gesterf het." (1 Kor 15:20) Christus Jesus is die eerste paaiement van die opstanding. Omdat Hy uit Sy graf uitgebars het in siel en liggaam, is ek en jy onsterflik. Sy opstanding waarborg jou vergifnis. Sy opstanding waarborg joune.
Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

In Our Place: Lenten Devotions From Time of Grace

Hierdie leesplan sal jou deur die Lydenstyd neem, wat vir ons die ongelooflike stories van die lyding, veroordeling en dood van Jesus Christus in ons plek, vertel.

More

We would like to thank Time of Grace Ministry for providing this plan. For more information, please visit: www.timeofgrace.org