In ons plek: Lydingstyd leesstukkies deur "Time of Grace"Voorbeeld

In Our Place: Lenten Devotions From Time of Grace

DAG 8 VAN 14

Dit is volbring

Een van die twee mees belangrike dae in menslike geskiedenis, het maar normaal gelyk vir sommige Romeinse soldate. Dit was hulle nare plig om drie openbare teregstellings uit te voer in Jerusalem op die dag voor die Paassabbat. Hulle het hulle taak met grieselrigge en geoefende bekwaamheid uit gevoer, die spykers in die slagoffers se hande en voete ingeslaan.

Twee het hulle pyn en haat uitgeskree. Die Een in die middel het Sy lyding instilte gedra tterwyl Hy een maal praat om Sy Vader te vra vir vergifnis vir sy pynigers. Soos wat Jesus gesterf het, het dit begin deurdring tot die onderoffesier wat in beheer was van die kruisigingspan, wie dit is wat daar voor hom hang: "Toe die hoofman oor honderd, wat voor Jesus gestaan het, Sy uitroep hoor en sien hoe Hy sterf, het hy gesê: 'Sekerlik was hierdie man die Seun van God!' " (Mark 15:39).

Daardie hoofman oor honderd het teruggegaan na sy barakke daardie dag en drie goed gedra:sy deel van die klere wat hulle afgevat het by die wat tereg gestel is, die verskriklike skuldgevoel dat hulle nie net 'n onskuldige man gekruisig het nie, maardie Seun van God en 'n evangelieboodskap van vergifnis wat selfs uitreik tot 'n moordenaar soos hy.

Daar is baie wat ek en jy kan wegneem van hierdie wonderlike toneel, maar twee tel meer as die res. Eerstens, die kruisiging van Christus wys ons hoesleg ons sonde eintlik is. Tweedens, Sy kruisiging wys ons dat Sy loskoop van vergifnis vir almal suksesvol was. Dit is afgehandel. Satan is klaar. Christus het jou vry gemaak.
Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

In Our Place: Lenten Devotions From Time of Grace

Hierdie leesplan sal jou deur die Lydenstyd neem, wat vir ons die ongelooflike stories van die lyding, veroordeling en dood van Jesus Christus in ons plek, vertel.

More

We would like to thank Time of Grace Ministry for providing this plan. For more information, please visit: www.timeofgrace.org