In ons plek: Lydingstyd leesstukkies deur "Time of Grace"Voorbeeld
![In Our Place: Lenten Devotions From Time of Grace](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F1381%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Groot saak
Die fantastiese piramiedes van Egipte is eintlik gebou as grafte vir die Faraos: die liggame van Djoser, Khufu en Khafra, versigtig gemummifiseer en toegedraai, is daar gevind. Die grafkamers is egter vandag leeg. Jesus Christus is tereggestel soos die ergste van krimenele, maar is begrawe soos 'n prins in 'n nuwe uitgegroude rotsgraf. Sy grafkamer is ook leeg, maar vir 'n volkome ander rede. Grafdiewe het die Faraos se grafte geplunder. Jesus het weer lewendig uit Sy graf uitgeloop.
Jy sal verwag dat nie-gelowiges nie die Paasstorie glo nie. Maar jy sal verbaas wees om te weet hoeveel Christen leermeesters besig is om die gedagte te versprei dat die opstanding van Christus iets anders behels as die opwekking van Sy liggaam. Inderwaarheid - Ons Verlosser was regtig, regtig dood. Geen pols. Geen asemhaling. Geen breingolwe. Inderwaarheid is ons Verlosser nou regtig, regtig lewendig.Hierdie is iets groots. Die liggaamlike opstanding van Jesus Christus is die Vader se eie openbare seël van aanvaarding op Sy Seun se ganse lewenswerk. "As Christus nie opgewek is nie, is ons prediking kragteloos en ook ons geloof" (1 Kor 15:14). As Christus se liggaam steeds dood is, is jy steeds in jou sondes. Jou skuld is nooit opgelig nie. Jou eie liggaam sal nooit sy graf verlaat nie.Maar Christus is opgewek. So is ons hoop. "Ek glo in die opstanding van die liggaam," sê ons in die geloofsbelydenis. Glo jy dit? Hulle wat dit glo is vergewe en onsterflik.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![In Our Place: Lenten Devotions From Time of Grace](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F1381%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Hierdie leesplan sal jou deur die Lydenstyd neem, wat vir ons die ongelooflike stories van die lyding, veroordeling en dood van Jesus Christus in ons plek, vertel.
More
We would like to thank Time of Grace Ministry for providing this plan. For more information, please visit: www.timeofgrace.org