In ons plek: Lydingstyd leesstukkies deur "Time of Grace"Voorbeeld

In Our Place: Lenten Devotions From Time of Grace

DAG 2 VAN 14

Singende klippe

Dit is amusant om te luister na kinders se begrip van God se Goddelikheid. Alwetend, almagtig, ewig in verlede, hede en toekoms, alomteenwoordig. "Pappa, as God almagtig is, beteken dit Hy kan enige iets doen, reg?" "Jaaa!" "Wel kan Hy dan 'n klip so groot maak dat Hy dit nie kan optel nie?"God is inderdaad almagtig, maar daar is sekere dinge wat Hy nie kan en sal doen nie. Hy sal nooit iemand forseer om Hom te aanbid nie. Aanbidding, soos liefde, kan nie forseer word nie. Dit moet vrylik aangebied word, anders is dit betekenisloos. Die dag toe Koning Jesus Jerusalem met n vulletjie ingery het, moes Hy dit terdeë geniet het toe mense Hom met lofprysing en Hosannah's begroet het op die roete. Sekerlik was daar geloof te vinde in Israel.

Sekere mense sou dit nie toegee nie. Sekeres van die Fariseërs in die skares het Jesus aangemaan: "Meester bestraf jou dissipels!" "Ek sê vir julle," antwoord Hy - "as hulle stilbly sal die klippe uitroep." (Lukas 19:39,40) . God sal aanbid word. Hy kan die klippe laat sing as die engele uitasem word.

Maar Hy sal jou nie forseer nie! Hierdie palm Sondag, gee dit oor aan jul nederige Dienskneg-Koning, wat vrywilliglik na Sy dood gery het sodat Hy aan ons lewe kon gee. Waai jul palmtakke, buig die knie, gee jou hart onvoorwaardelik en bied Hom gehoorsaamheid, eer en die diens wat Hom toekom.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

In Our Place: Lenten Devotions From Time of Grace

Hierdie leesplan sal jou deur die Lydenstyd neem, wat vir ons die ongelooflike stories van die lyding, veroordeling en dood van Jesus Christus in ons plek, vertel.

More

We would like to thank Time of Grace Ministry for providing this plan. For more information, please visit: www.timeofgrace.org