In ons plek: Lydingstyd leesstukkies deur "Time of Grace"Voorbeeld

In Our Place: Lenten Devotions From Time of Grace

DAG 5 VAN 14

Wat bedoel jy, "Voetwassing"?

Die aand van Jesus se arrestasie en veroordeling in Joodse en Romeinse howe, het stil begin met die jaarlikse Pesamaal in 'n bokamer in Jerusalem. Jesus het daardie finale goue ure van vryheid gebruik as 'n leringskamp. Baie van wat Hy gesê en gedoen het, het die dissipels geskok: Hy het afgebuk en hulle voete gewas, Hy het Sy dood en opstanding voorspel en toe sê Hy die volgende: " 'n Nuwe opdrag gee Ek aan julle: Julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefgehad het, so moet julle mekaar liefhê" (Joh 13:34).

Vroeër in hulle opleiding het Hy hulle geleer dat die waarmerk van 'n ware gelowige, gehoorsaamheid aan Christus se woorde is. Nou voeg Hy 'n “nuwe” opdrag by wat nie regtig nuut was nie, maar tydloos: “Wees lief vir mekaar.” Wat dit nuut maak is dat ons sondige natuur voortdurend sefsugtige gedagtes en sefsugtige woorde en sefsugtige optrede voortbring. Soos wat Christus se vergewende genade nuut is vir ons elke oggend, wat vir ons 'n geestelik verfrissende stort van vergifnis gee, so kan ons nuut kies om ander mense te behandel soos Christus ons behandel - met geduldige, standvastige, onvoorwaardelike liefde.

Dit is die Latynse woord vir "opdrag," "mandatum," wat waarskynlik sy naam gegee het aan die spesiale Donderdag voor Jesus se dood. Terwyl ons dink aan daardie verskriklike aand en sy beelde van die Lam van God wat die Pasgalam eet saam met Sy vriende, nederig hulle voete was en die geheime van God se woorde ontsluit vir hulle gemak, is ons niks anders as geïnspireer nie. Geïnspireer om lief te hê.
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

In Our Place: Lenten Devotions From Time of Grace

Hierdie leesplan sal jou deur die Lydenstyd neem, wat vir ons die ongelooflike stories van die lyding, veroordeling en dood van Jesus Christus in ons plek, vertel.

More

We would like to thank Time of Grace Ministry for providing this plan. For more information, please visit: www.timeofgrace.org