In ons plek: Lydingstyd leesstukkies deur "Time of Grace"Voorbeeld

In Our Place: Lenten Devotions From Time of Grace

DAG 6 VAN 14

Wees versterk!

Die ongelooflike agt dae tydperk vanaf Palmsondag tot die dag van Paasfees, is gewoonlik die Heilige week genoem deur dankbare Christene. Dit was die grootste uitbarsting van God se verlossingswerk wat die planeet ooit gesien het, groter as selfs die skepping. Dit omvat niks minder as die Verlosser se magtige oorwinning oor die mensdom se verskriklikste vyande: sonde, satan, die dood, oordeel en hel.

Vir die grootste gedeelte van die week was Jesus se dissipels egter onder groot spanning. Baie van die dinge wat Jesus hulle vertel het , het geen sin op daardie tydstip gemaak nie en wat hulle wel verstaan het, het hulle nie van gehou om te hoor nie. Op die Donderdag van daardie wonderlike week het hulle een laaste Paasmaaltyd saam met Jesus genuttig, toe die eerste ooit Nagmaal gesmaak en die liggaam en bloed ontvang saam met die brood en wyn. Jesus het hulle stowwerige foete gewas, een vir een, as 'n kragtige demonstrasie van dienskneg-leierskap.

Meeste van daardie lang aandure is opgeneem deur lang leringssessies. Dit was 'n ontnugterende voorskou van die oorlogvoering en moeilikhede wat vir hulle gewag het en vir elkeen wat die Here en Sy Koninkryk openlik sou dien. Maar dit was ook 'n kalm en rustige verklaring van finale oorwinning aan almal wat saam met Jesus in die geloof verbind is. "Ek het vir julle hierdie dinge vertel sodat julle vrede in My kan hê. In hierdie wêreld sal julle moeilikheid hê. Maar wees versterk! Ek het die wêreld oorwin." (Joh 16:33).

Hier is hoop vir alle gelowiges vandag wat kla en bang is. Die Bybel leer ons dat ons lewens verborge is in Christus. Van buite mag dit lyk of ons wegkwyn. Maar dit is 'n illusie. Die realiteit is dat ons lewens, ons hoop, ons verhoudings in Christus se wonderlike hande is. Wanneer jou lewe vol moeilikheid is, wees versterk! Christus het oorwin. Hy het gewen, jy wen. Blaas nou asem uit.
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

In Our Place: Lenten Devotions From Time of Grace

Hierdie leesplan sal jou deur die Lydenstyd neem, wat vir ons die ongelooflike stories van die lyding, veroordeling en dood van Jesus Christus in ons plek, vertel.

More

We would like to thank Time of Grace Ministry for providing this plan. For more information, please visit: www.timeofgrace.org