In ons plek: Lydingstyd leesstukkies deur "Time of Grace"Voorbeeld
Dit is tyd
Een van die eerste dinge wat jy sal opmerk, as jy ooit na my huis toe kom, is dat ek 'n ding het met horlosies --in my sitkamer alleen is ses van hulle. Almal is meganies; daar is iets omtrent die getik en die slag van die horlosie wat my siel rustig maak. Ek moet seker maar 'n innerlike vrees hê vir laat wees. Miskien onderdruk al die horlosies my vrees dat ek iets belangrik gaan mis?
Jesus het altyd geweet wat die tyd is--tyd om te genees, tyd om te onderrig, tyd om te tereg te wys, tyd om weg te breek, tyd om feesvieringe by te woon. Sy Vader het hom laat weet wanneer dit tyd was om te sterf. Jesus het sy dissipels vertel dat hulle reisende onderrig bediening amper klaar was. "Van toe af het Jesus dit vir sy dissipels begin duidelik maak dat God wil hê Hy moet na Jerusalem toe gaan. Daar moet Hy baie ly onder die oudstes, die leierpriesters en die skrifkenners en doodgemaak word, maar God sal Hom op die derde dag weer lewendig maak" (Mat 16:21) Hy het geweet dat Sy koningklike ingang in Jerusalem op PalmSondag, Sy laaste sou wees. 'n Groot wonderwerk het tussen die palms gebeur. Groot skares van mense het herken dat die stil man op die nederige donkievul hulle Messias was, die vervulling van al die Ou Testamentiese geskrifte. Hulle hosannas het gewys dat hulle geweet het watter tyd dit is --dat hulle Koning reg in hulle lewens ingery het en hulle trou geëis het.
Weet jy hoe laat dit is? Dit is tyd vir jou om op te hou twyfel en te eis, of weer van voor af te eis, Jesus Christus as jou Heer en Koning. Deur Sy woord, deur die geplas van die doopwater, deur sy liggaam en bloed wat gegee was met die Here se laaste ete, kom Jesus na jou persoonlik vandag, net soos Hy gedoen het in daardie tyd. Die palms roep jou: aanbid Hom nou.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan sal jou deur die Lydenstyd neem, wat vir ons die ongelooflike stories van die lyding, veroordeling en dood van Jesus Christus in ons plek, vertel.
More
We would like to thank Time of Grace Ministry for providing this plan. For more information, please visit: www.timeofgrace.org