Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van DaniëlVoorbeeld

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

DAG 13 VAN 43

God van geheimenisse

Lees: Daniël 2:24-35; 1 Korintiërs 4:1-5

SOAP: Daniël 2:28a

“Maar daar is 'n God in die hemel wat geheime kan openbaar en wat aan u, koning Nebukadnesar, wil bekend maak wat in die toekoms gaan gebeur.”

Oordenking

Daniël kon maklik die eer vir sy wysheid opeis omdat hy die koning se droom geken het en dit kon interpreteer. Of, in sy haastigheid, kon hy vergeet het om koning Nebukadnesar te vertel dat dit God was wat hierdie groot geheim geopenbaar het!

In plaas daarvan het Daniël verklaar dat niemand hierdie droom kon openbaar nie, behalwe God alleen. God is die een wat wysheid, kennis en insig verskaf. Hy het hierdie geheim aan Daniël geopenbaar, sodat koning Nebukadnesar sou weet daar is 'n God wat met sy dienaars praat en weet wat in die toekoms sal gebeur. Nebukadnesar moes erken dat hierdie God soewerein is en die gebeure van die geskiedenis orden, selfs nadat hy, die magtige koning van Babilon, nie meer daar is nie.

Op hierdie tydperk in die geskiedenis was koning Nebukadnesar baie magtig. Daar was letterlik niemand op aarde met soveel mag as hy nie. God het hom egter daaraan herinner dat sy tyd op hierdie aarde beperk was. Hy sou nie vir ewig regeer nie. Daar sou ander na hom kom. Dinge sou verander.

Vandag is daar nie 'n Babiloniese ryk nie. Die stad Babilon, wat in Irak geleë is, is vervang deur 'n nuwe stad. Baie het verander. Baie mense het selfs nog nooit van koning Nebukadnesar gehoor nie. Dié wat van hom weet, ken hom net uit die Bybel!

God wou hê Nebukadnesar moes weet dat Hy alleen Koning van die konings is. Daarom wou God hê Nebukadnesar moes Hom leer ken, oor sy optrede nadink, en anders leef.

Ons tyd op hierdie aarde is ook beperk. Hoe wil jy onthou word? Vir jou prestasies in jou werk of vir wat jy vir jou kerk doen? Vir die beste ouer of kind wees? Hierdie dinge is goed, maar miskien moet ons na meer streef. Deur onsself daaraan te herinner dat ons tyd op hierdie aarde kort is, kan ons help om te herfokus op die enigste ding wat saak maak — wat in die Naam van Jesus gedoen word is die enigste ding wat sal bly voortleef.

Gebed

Hemelse Vader, niks is vir U verborge nie. Here, vergewe my vir die tye wanneer ek my eie eer gesoek het eerder as u eer. Here, mag ek my dae wys, getrou en sonder afleiding van my prestasies en die lof van hierdie wêreld leef. Mag ek meer belangstel daarin om van U te hoor. Amen.

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

Om as Christen in hierdie wêreld te leef, kan soms baie eensaam wees. Dit mag voel asof ons die enigstes is wat Christus getrou volg. Daniël het ook voor soortgelyke uitdagings te staan gekom. Daniël en sy vriende het gekies om God en sy weë te volg selfs al het dit ingedruis teen die wette van die land. Die boek Daniël spoor ons aan om God getrou te dien.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans