Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van DaniëlVoorbeeld

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

DAG 15 VAN 43

Oordenkingsvrae:

1. Wat is 'n paar dinge wat God jou roep om aan vas te hou en nie kompromieë oor aan te gaan nie? Neem tyd om te bid en vra die Heilige Gees om jou te help om die waarhede te onthou van wie God is, wetende dat dit beter is om Hom te volg as die weë van die wêreld.

2. Vir wie bid jy tans? Wat het jy God onlangs in sy of haar lewe sien doen? Hoe kan jy begin om gebedsversoeke met 'n getroue vriend te deel?

3. Wat is sommige van die eienskappe van God? Watter is vir jou maklik om te sien en te glo, en watter is moeilik? Hoekom?

4. As jy 'n lys sou maak van alles wat jy vandag of hierdie week gedoen het, wat sou die lys as prioriteit in jou lewe identifiseer? Hoe kan jy God, sy Woord en sy mense begin prioritiseer, met die wete dat ons dae hier op aarde kort is?

5. Hoe kan jy ander aanmoedig oor die hoop van Jesus se wederkoms? Hoe gee daardie waarheid jou perspektief vir jou dag?

Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

Om as Christen in hierdie wêreld te leef, kan soms baie eensaam wees. Dit mag voel asof ons die enigstes is wat Christus getrou volg. Daniël het ook voor soortgelyke uitdagings te staan gekom. Daniël en sy vriende het gekies om God en sy weë te volg selfs al het dit ingedruis teen die wette van die land. Die boek Daniël spoor ons aan om God getrou te dien.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans