Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van DaniëlVoorbeeld

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

DAG 17 VAN 43

Week 3

Wie sal jy aanbid?

Ons sal nie buig nie

Lees: Daniël 3:1-18 en 1 Petrus 1:3-8

SOAP: Daniël 3:17-18

Ons het ons God vir wie ons dien. Hy het die mag om ons te red uit die brandende oond, en Hy sal ons ook red uit u mag. Selfs as Hy dit nie doen nie, moet u weet dat ons u god nie sal dien nie, die goue beeld wat u laat oprig het, nie sal aanbid nie.”

Oordenking

Ons leer vinnig dat koning Nebukadnesar se hart nie verander het nadat hy in hoofstuk 2 verkondig het wie God is nie. Hy het steeds geglo dat hy die grootste mag het en wou hê dat die mense hierdie mag moes erken. Hy het besluit om 'n reusagtige beeld van homself te bou en dat almal voor dit moes neerbuig in aanbidding.

Daniël was besig by die koninklike hof, maar sy biddende vriende is voor die keuse gestel om óf die Babiloniese gode en koning Nebukadnesar se standbeeld te aanbid, óf te sterf.

Ten spyte van hierdie verskriklike keuse waarvoor hulle gestel is, het die drie vriende ferm gestaan in hul geloof. Kan jy jou indink hoe hulle moes gevoel het toe hulle besef het dat al die ander mense neergebuig het voor die versoeking?

Alhoewel die koning hulle 'n tweede kans gegee het om neer te buig, het hulle met vrymoedigheid gesê wie God is. God is eg en kragtig, en Hy kan hulle red. En al sou Hy in sy wysheid kies om dit nie te doen nie, bly Hy goed en die enigste een voor wie hulle sou neerbuig.

Net soos met Daniël se vriende, roep die wêreld ons voortdurend om valse gode te aanbid. Ons vind dikwels dat ons skoonheid, geld, sukses, roem, gewildheid, familie, politiek, vermaak, ens. aanbid. Die waarheid is dat hierdie dinge geen ewigheidswaarde het nie. Ons is geroep tot soveel meer!

Ons sal almal iets aanbid. God roep ons tot 'n verhouding met Hom waar ons die ewige, liefdevolle Verlosser kan aanbid wat tans besig is om ons ewige tuiste voor te berei. Dit is die voorreg wat gelowiges het om God met hul hele lewe te aanbid. Soos Petrus skryf: "... die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus (1 Petrus 1:7).

Dit is nie altyd maklik om ferm te staan vir ons geloof nie. Maar soos Daniël se vriende, om te weet wie God is en sy weë te vertrou, ongeag die uitkoms, laat ons toe om deur beproewinge te volhard. Wat ons hier op aarde ervaar is nie die einde nie. Ons het 'n ewige hoop wat op ons wag.

Gebed

Hemelse Vader, ek aanbid U met my hele hart. Oor die moeilike omstandighede van my lewe en van diegene wat ek baie liefhet, bid ek — nie my wil nie, maar u wil geskied. Help my om te weet ek kan U in alle situasies vertrou. Mag hoe ek op moeilikhede en beproewings reageer die egtheid van my geloof in U alleen toon. Amen.

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

Om as Christen in hierdie wêreld te leef, kan soms baie eensaam wees. Dit mag voel asof ons die enigstes is wat Christus getrou volg. Daniël het ook voor soortgelyke uitdagings te staan gekom. Daniël en sy vriende het gekies om God en sy weë te volg selfs al het dit ingedruis teen die wette van die land. Die boek Daniël spoor ons aan om God getrou te dien.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans