Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van DaniëlVoorbeeld
Oordenkingsvrae
1. Wanneer ander na jou lewe kyk, sou hulle sê dat jou lewe God aanbid? Waarvoor is jy vandag dankbaar? Mag hierdie dinge jou daartoe lei om ons goeie en getroue God te loof!
2. Is jy bereid om in jou geloof te groei, al beteken dit dat jy deur beproewende tye moet gaan?
3. Hoe gewillig is jy om met ander te deel hoe God jou gered het en jou liefhet, maak nie saak wat nie? Is jy bereid om die rede vir jou hoop te deel sodat ander ook daardie hoop kan ken?
4. Ons kan maklik sê God regeer, maar glo ons dit? Is daar areas van jou lewe waarop jy trots is op 'n manier wat God nie erken nie?
5. Dink aan jou mees kosbare besitting. As dit weggeneem sou word, sou jy God kon loof en verhef? Hoekom of hoekom nie?
Aangaande hierdie leesplan
Om as Christen in hierdie wêreld te leef, kan soms baie eensaam wees. Dit mag voel asof ons die enigstes is wat Christus getrou volg. Daniël het ook voor soortgelyke uitdagings te staan gekom. Daniël en sy vriende het gekies om God en sy weë te volg selfs al het dit ingedruis teen die wette van die land. Die boek Daniël spoor ons aan om God getrou te dien.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans