Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van DaniëlVoorbeeld

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

DAG 27 VAN 43

Vertroostende woorde

Lees: Daniël 6:11-18

SOAP: Daniël 6:17

“Die koning moes toe die bevel gee, en Daniël is gebring en in ‘n leeukuil gegooi. Die koning het vir Daniël gesê: ‘Mag jou God wat jy met soveel volharding dien, jou red.’”

Oordenking

Die mans wat die lokval vir Daniël gestel het, het geweet hy gaan daarin beland. Hulle het hom op heter daad betrap en kon nie wag om dit vir die koning te gaan vertel nie. Darius was baie hartseer. Hy het ‘n uitweg probeer kry om Daniël te red, maar die wet wat hy gemaak het, kon nie herroep word nie. Selfs vir die koning was dit heeltemal bindend. Hulle het Daniël in ‘n hoek vasgekeer gehad en Darius geforseer.

Darius het Daniël goed geken. Hy het geweet Daniël het God voortdurend gedien. Darius was ook blykbaar ingelig omtrent God se mag, miskien deur Daniël of dalk het hy gehoor wat met Belsasar gebeur het. Hoewel Darius nie geweet het wat die uiteinde sou wees nie, wil dit voorkom asof hy oortuig was dat Daniël se God hom sou kon red. Hy het Daniël probeer troos deur dít wat hy geglo het met hom te deel.

Darius het ‘n angsvolle nag beleef. Hy kon nie eet nie. Hy kon nie slaap nie. Hy wou Daniël nie na sy dood toe stuur nie. Hy het gehoop op ‘n wonderwerk al was dit ‘n vae hoop.

Sommige werksomgewings kan moeilik wees. Al word ons dalk nooit in ‘n leeukuil gegooi nie, kan daar rugstekery en skinderpraatjies wees en sommer oor die algemeen pogings om ander in ‘n slegte lig te stel om aansien te verkry. Daar is mense wat ander probeer ondergrawe om hulself te bevorder. As Christene moet ons onthou dat ons van hierdie soort gedrag vrygemaak is en baie anders moet optree as diegene wat God nie ken nie. Ons is geroep om getrou te leef en in die beste belang van die plek waar ons werk op te tree omdat ons kinders van die lewende God is.

Hierdie verhaal is vir baie van ons welbekend. Ons het doelbewus hier ‘n onderbreking. Darius moes ‘n hele nag lank wag. Ons bevind ons dikwels in nagte of seisoene van wag. Soms word ons gebede onmiddellik deur God beantwoord met ‘n “ja” of “nee”. Ander kere sê Hy “wag”. Dit kan moeilik wees om te wag, maar God se tydsberekening is perfek. Hy wag saam met ons. Vra Hom om geduld, vertroue en afhanklikheid van Hom in jou te kweek.

Gebed

Hemelse Vader, u weë is reg, en u tydsberekening is perfek. O, Here, help my om in die wagtye op U te vertrou. Gee my rus. Kalmeer my angstige hart. Help my om met vrymoedigheid anders te leef op ‘n manier wat U behaag. Amen.

Dag 26Dag 28

Aangaande hierdie leesplan

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

Om as Christen in hierdie wêreld te leef, kan soms baie eensaam wees. Dit mag voel asof ons die enigstes is wat Christus getrou volg. Daniël het ook voor soortgelyke uitdagings te staan gekom. Daniël en sy vriende het gekies om God en sy weë te volg selfs al het dit ingedruis teen die wette van die land. Die boek Daniël spoor ons aan om God getrou te dien.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans