Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van DaniëlVoorbeeld

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

DAG 21 VAN 43

Trots kom tot ‘n val

Lees: Daniël 4:28-37 en Filippense 2:5-11

SOAP: Daniël 4:37

“Ek, Nebukadnesar, prys en eer en loof die Koning van die hemel. Alles wat Hy doen, is reg, sy optrede is regverdig. Hy het die mag om hoogmoediges te verneder.”

Oordenking

In die oë van die wêreld was koning Nebukadnesar ‘n suksesvolle koning. Hy het die Hangende Tuine van Babilon gebou, asook die mure van Babilon en baie tempels oral in die stad voltooi. Al hierdie prestasies was egter niks nie, want sy hart was ver van God af.

Dit was ‘n jaar sedert sy droom. Miskien het Nebukadnesar sy weë vir ‘n klein rukkie verander. Ons weet nie. Hy was gemaklik, ontspanne en het op sy dak geloop om sy werk te bewonder. Let op die hoeveelheid kere wat hy die woorde “ek” en “my” in vers 30 gebruik. Hy het nie besef dat alles wat hy gehad het, ‘n gawe van God was nie.

Terwyl hierdie woorde nog op sy lippe was, het God gepraat! Hy het presies dieselfde woorde gebruik wat Daniël gehad het – Nebukadnesar se koninkryk sou van hom weggeneem word.

Onmiddellik het sy gedagtes verander. Hy het die paleis verlaat en sewe jaar lank soos ‘n dier gelewe. Nebukadnesar, met sy standbeeld en trots, het aan homself gedink as gelyk aan God. God het hom egter verneder totdat hy Hom sou loof, verhef en verheerlik.

Die kontras tussen die gesindheid van koning Nebukadnesar en koning Jesus, wat in Filippense gevind word, is skerp. Jesus, terwyl Hy geregtig was op alles, het Homself verneder, selfs tot die dood aan ‘n kruis. Hy het dit gedoen om lewe aan ons te bring. Dit is die soort koning wat die moeite werd is om te volg!

Gelukkig is Nebukadnesar se lewe gedurende die sewe jaar verander. Hy kon selfs sê dat al God se dade reg is en sy weë regverdig!

Wanner ons Christene word, is ons toenemend in staat om meer van onsself, die wêreld en ander te sien soos God hulle sien. Ons is bevry van die slawerny van 'n lewe van eiebelang en trots. Ons is in staat om lewens te leef waar ons meer besorg is oor wat God van ons dink as wat ander van ons dink.

Ons behoort, soos Daniël gedoen het, ten goede te werk waar ons ook al geplaas is, hetsy by die werk, kerk of huis. Dit moet egter alles gedoen word tot eer van God.

Gebed

Here my God, u koninkryk sal nooit eindig nie. Dit is so natuurlik om die bewondering van die wêreld om my te begeer, wat my opgehef en trots maak. O ,Here, vergewe my. Help my om te fokus op wat ewig is en wat sal hou. Mag alles wat ek sê en doen, tot U eer alleen gedoen word. Amen.

Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

Om as Christen in hierdie wêreld te leef, kan soms baie eensaam wees. Dit mag voel asof ons die enigstes is wat Christus getrou volg. Daniël het ook voor soortgelyke uitdagings te staan gekom. Daniël en sy vriende het gekies om God en sy weë te volg selfs al het dit ingedruis teen die wette van die land. Die boek Daniël spoor ons aan om God getrou te dien.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans