Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van DaniëlVoorbeeld

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

DAG 3 VAN 43

Week 1

God is aan die werk, selfs in pynlike tye

Die Pottebakker se Hand

Lees: Jeremia 18:1-12; Jeremia 18:18; Jeremia 25:1-3; Jeremia 25:11

SOAP: Jeremia 18:6

“Kan Ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie, Israel?” vra die Here. “Soos klei in die pottebakker se hand, so is julle in my hand, Israel.”

Oordenking

Voordat ons met ons studie van die boek Daniël begin, kom ons kyk na wat ‘n ander profeet uit daardie tydperk gesê het oor waarom God toegelaat het dat sy volk na Babilon weggevoer word.

Jeremia is na die volk van Juda toe gestuur omdat hulle herhaaldelik hulle verbond met God verbreek het. Sosiale ongeregtigheid het hoogty gevier. Hulle het ander gode aanbid en selfs kinders geoffer. Hulle het in die verkeerde rigting, weg van God af, voortgestrompel.

Jeremia het die mense van Juda al byna 25 jaar lank gewaarsku om hulle te bekeer sodat hulle voorspoedig kon wees in die land wat God vir hulle gegee het. Die Beloofde Land was veronderstel om ‘n plek te wees waar God se volk Hom aanbid en ander nasies na Hom toe aantrek. Die volk wou egter nie na Jeremia luister nie. Inteendeel, hy is mishandel en die meeste mense het beweer dat Jeremia verkeerd was. Hulle het geredeneer dat God nie sou toelaat dat sy volk uit die land weggeneem word nie, maar God het nooit so ‘n belofte gemaak nie.

Nog voordat hulle die Beloofde Land binnegegaan het, het Moses hulle vermaan om God te gehoorsaam (Deuteronomium 28). Indien hulle God nie gehoorsaam nie, sou Hy hulle nie in die land laat bly nie. Ander profete het dit beaam. Jeremia het selfs voorspel dat God Babilon sou gebruik om Juda te verslaan en 70 jaar oor hulle te heers.

Ons wil almal graag positiewe dinge oor onsself hoor. Ons wil graag herinner word dat God ons liefhet, net soos ons is. Ons wil egter nie eintlik graag waarhede hoor soos dat God ons sonde verafsku nie, dat Hy meer vir ons begeer nie of dat Hy wil hê ons moet meer soos Jesus word nie.

Kyk weer na die SOAP-vers. Lees dit hardop maar vervang “julle” en "Israel" met jou, jy en jou naam.

Hoe leerbaar is jy? Ons is dikwels meer ingestel op die tydelike dinge van hierdie wêreld. God wil jou verhouding met Hom en jou karakter ontwikkel omdat Hy daarin belangstel om jou na sy beeld te vorm. Is jy bereid om gevorm te word?

Gebed

Hemelse Vader, ek bely dat ek dikwels my eie sonde wil ignoreer. Ek doen eerder dit wat maklik is, as wat ek weet reg is. God, sal U my vorm en meer soos Jesus maak? Help my om u Woord te hoor en dit in dade om te sit. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

Om as Christen in hierdie wêreld te leef, kan soms baie eensaam wees. Dit mag voel asof ons die enigstes is wat Christus getrou volg. Daniël het ook voor soortgelyke uitdagings te staan gekom. Daniël en sy vriende het gekies om God en sy weë te volg selfs al het dit ingedruis teen die wette van die land. Die boek Daniël spoor ons aan om God getrou te dien.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans