Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van DaniëlVoorbeeld

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

DAG 4 VAN 43

Hoop in rampspoed

Lees: Daniël 1:1-2; Jeremia 24:1-8; 1 Korintiërs 1:4-9

SOAP: Jeremia 24:7

“Ek sal hulle die insig gee om My te ken. Ek is die Here! Hulle sal my volk wees, en Ek sal hulle God wees, want hulle sal heelhartig na My toe terugkom.

Oordenking

Die verskriklikste ding wat die volk van Juda hulle kon indink, het gebeur. Die Babiloniërs het gekom en Juda verslaan. Hulle het voorwerpe uit die tempel gevat en dit toe vernietig. God se volk was verpletter. Baie het seker gewonder: “Hoe kon God dit laat gebeur het?” In Daniël 1:2 sien ons dat dit egter God was wat dit toegelaat het!

Hoekom? In Jeremia 24 lees ons dat God sy verhouding met sy volk wou herstel. Hy wou hulle opbou sodat hulle in Hom gewortel kon wees en dat hulle dieselfde dinge as Hy sou begeer. God wou hê sy volk moet hulle heelhartig aan Hom onderwerp sodat hulle hul skeppingsroeping kon uitleef.

As mense van God mag ons bely dat God die Here van alles is, maar hoe heelhartig is ons? Wanneer dit lyk asof dinge in ons of ons geliefdes se lewens skeefloop, hoe gou is ons om te bevraagteken wat God besig is om te doen?

Wanneer ons kyk na die gebede wat in die Nuwe Testament opgeteken is, loof baie daarvan God vir sy karakter wat in en deur iemand anders aan die werk is. Wat interessant is, is dat God se karakter dikwels in swaarkry en lyding die helderste skyn. In sulke swaarkry tye, wanneer dit maklik sou wees om God se omgee en goedheid in twyfel te trek, sien ons hoe God nader aan ons kom en voortdurend aan die werk is. Hierdie waarheid verdien ons gebede van danksegging en lof.

Die Here sorg vir jou welsyn. Hy het jou lief. Hy soek jou hart. Hy ken jou. Hy luister na jou. Jy kan jou hele lewe aan Hom toevertrou.

Gebed

Ons liefdevolle Hemelse Vader, U was keer op keer getrou. Help my om heelhartig aan U oorgegee te wees selfs as U “nee” of “wag” sê op my gebede. Here, bou my op. Versterk my geloof. Kweek die vrug van die Gees in my lewe. Mag ek oortuig wees dat al my lewensdae veilig in u hande is. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

Om as Christen in hierdie wêreld te leef, kan soms baie eensaam wees. Dit mag voel asof ons die enigstes is wat Christus getrou volg. Daniël het ook voor soortgelyke uitdagings te staan gekom. Daniël en sy vriende het gekies om God en sy weë te volg selfs al het dit ingedruis teen die wette van die land. Die boek Daniël spoor ons aan om God getrou te dien.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans