Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van DaniëlVoorbeeld

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

DAG 8 VAN 43

Oordenkingsvrae:

1. Waar in jou lewe moet jy toelaat dat God jou na Jesus se beeld vorm? Hoe kan jy begin om daagliks jou begeertes en voorkeure oor te gee aan sy weë en heerlikheid?

2. Hoe dikwels bid ons dat God se karakter in ons en in die lewens van ander aan die werk sal wees, wat ons omstandighede ook al mag wees? Hoe kan ons geleenthede soek om in getrouheid te groei en ander lief te hê deur elke seisoen van ons lewe?

3. Hoe kan jy begin soek na die goeie van die stad waarin God jou geplaas het? Waar kan jy begin om die lig van Christus te laat skyn vir diegene wat dit nog nooit gehoor het nie (byvoorbeeld jou bure, medewerkers, familie, kennisse, ens.)?

4. Hoe kan jy begin om tyd wat jy in die Woord van God en in gebed deurbring, te prioritiseer sodat jy daagliks jou gedagtes oor die dinge van Christus kan vernuwe? Watter Skrifgedeeltes kan jy hierdie week memoriseer wat jou aanmoedig om daagliks getrou aan God te wees?

5. Wie het God op jou pad geplaas wat jonger is en die evangelie moet hoor of bemoedig moet word in sy of haar wandel met Christus? God wil jou gebruik om die volgende geslag op te lei om Hom getrou te volg!

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

Om as Christen in hierdie wêreld te leef, kan soms baie eensaam wees. Dit mag voel asof ons die enigstes is wat Christus getrou volg. Daniël het ook voor soortgelyke uitdagings te staan gekom. Daniël en sy vriende het gekies om God en sy weë te volg selfs al het dit ingedruis teen die wette van die land. Die boek Daniël spoor ons aan om God getrou te dien.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans