Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van DaniëlVoorbeeld

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

DAG 6 VAN 43

Veranderinge in Babilon

Lees: Daniël 1:3-7; Jesaja 39:6-7; Romeine 12:1-2

SOAP: Romeine 12:2

“Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.”

Oordenking

Hierdie week se teksgedeeltes het ons gewys dat hoewel die ballingskap vir God se volk moeilik was, Hy by hulle was en van plan was om hulle te seën terwyl hulle in Babilon was.

Daniël het ons voorgestel aan vier jongmanne, homself ingesluit. Hulle was waarskynlik tieners toe hulle uit hul families in Juda geneem en na Babilon gebring is. Hulle is gekies om deel te wees van 'n drie-jaar lange Babiloniese opleidingsprogram. Hulle sou alles geleer word oor die literatuur, taal, kultuur en gode van Babilon. Die bedoeling was om hulle toekomstige leiers te maak wat ten volle geïntegreerd was in die Babiloniese lewenstyl — volgens die Babiloniërs ‘n beter manier van lewe.

Alles het vir hierdie jong mans verander — selfs hulle name. In die Bybel was die betekenis van name belangrik. Elkeen van hierdie jongmanne se name het betekenisse gehad wat hulle na God gewys het:

  • Daniël – God is my regter
  • Gananja – Die Here is genadig
  • Misael – Wie is wat God is?
  • Asarja – Die Here het gehelp.

Hulle nuwe name het hulle na die gode van Babilon verwys met betekenisse soos “bevel van Aku” en “dienaar van Nego”. Alles sou bevraagteken word wat hulle in Juda geleer is. Hoe sou hulle kies om te lewe? Kon hulle 'n tuiste in Babilon maak en getrou aan God bly?

Ons leef ook in 'n kultuur wat probeer bevraagteken wat die Bybel leer. Dieselfde vraag waarmee Daniël en sy vriende moes worstel, is vandag dieselfde vraag vir jou en my as gelowiges. Hoe kan ons ons tuiste in hierdie wêreldse kultuur maak en getrou aan God bly? Ons moet ons gedagtes oor en oor vernuwe met die Woord van God. Hoe beter ons God ken, hoe groter is die kans dat ons Hom sal vertrou en weet dat sy weë die beste is, selfs wanneer ons nie kan verstaan wat aangaan nie.

Gebed

Hemelse Vader, u liefde vir my is altyd standvastig. Vergewe my dat ek toegelaat het dat my gedagtes meer gevul word met die weë van hierdie wêreld as met u weë. Help my om deur u Woord meer te leer wie u is, sodat ek u weë kan toets en bewys dat u weë die beste is. Skep in my 'n dankbare, leerbare hart. Wanneer moeilike dae kom, help my om op U te vertrou en in U te rus. Amen.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

Om as Christen in hierdie wêreld te leef, kan soms baie eensaam wees. Dit mag voel asof ons die enigstes is wat Christus getrou volg. Daniël het ook voor soortgelyke uitdagings te staan gekom. Daniël en sy vriende het gekies om God en sy weë te volg selfs al het dit ingedruis teen die wette van die land. Die boek Daniël spoor ons aan om God getrou te dien.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans