Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van DaniëlVoorbeeld

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

DAG 5 VAN 43

Bevorder jou vyand se belange

Lees: Psalm 137:1-4; 2 Konings 25:4-12; Jeremia 29:4-14

SOAP: Jeremia 29:7

“Bevorder die belange van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het, bid tot My vir daardie stad, want sy belange is ook julle belange.”

Oordenking

Jeremia 29 is ‘n hoopvolle brief wat God vir Jeremia aansê om aan die ballinge te skryf. God herinner sy volk aan wie Hy is. Hy het hemelse leërmagte en Hy is steeds in beheer. God herinner hulle ook dat die ballingskap 70 jaar gaan duur, daarom moet hulle gevestig raak. Bou huise. Verbou voedsel. Trou. Kry kinders en kleinkinders.

God het sy volk beveel om hulle vyand se belange te bevorder en by te dra tot die vrede en welvaart van Babilon! Kan jy jou indink om so ‘n opdrag te ontvang na alles wat die Babiloniërs gedoen het?

God hulle wel daar geplaas met ‘n doel. Hierdie tyd in ballingskap was om die Israeliete (uit Israel asook Juda) te leer om op God te vertrou, om hulle geloof te bou, maar ook om ‘n getuienis te wees. Hulle moes in ‘n vreemde kultuur vir God lewe. As God se volk alles in Babilon teengestaan het en heeltemal eenkant gebly het, of as hulle net ingeval het by die Babiloniërs se leefwyse, sou die Babiloniërs niks oor God geleer het nie!

Vir God se volk was die lewe aan die begin van die boek Daniël, moeilik. Alles was deurmekaar. Tog spreek God in Jeremia 29:11 vertroostende woorde van hoop in hierdie chaos. Hy het vir die volk gesê: “Ek is besig om my planne uit te werk en dit is tot julle beswil.”

Hoe kan ons in ‘n kultuur woon wat vreemd is aan ons oortuigings? Ons kan daarteen stry en ons so ver as moontlik daarvan distansieer, of ons kan toelaat dat die heersende kultuur ons so sterk beïnvloed dat daar geen onderskeid tussen hulle en ons manier van lewe is nie. In Daniël sien ons ‘n ander manier. Selfs as ons lewe chaoties is, kan ons op God vertrou. Hy is in beheer.

Hierdie wêreld is nie ons ewige tuiste nie. Ons ewige tuiste is soveel groter as enige land hier. Totdat ons uiteindelik daarheen gaan, word ons geroep om getrou te lewe waar ons nou geplaas is.

Gebed

Hemelse Vader, U is alwetend. Wanneer my toekoms onseker lyk, help my om gerus te wees in die wete dat dit aan U bekend is. Help my om u liefde aan diegene om my te wys en om getrou aan U te bly al is die wêreld om my ongelowig. Mag ek vertrou dat u planne goed is al neem dit my op ‘n pad wat ek nie sou kies nie. Amen.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

Om as Christen in hierdie wêreld te leef, kan soms baie eensaam wees. Dit mag voel asof ons die enigstes is wat Christus getrou volg. Daniël het ook voor soortgelyke uitdagings te staan gekom. Daniël en sy vriende het gekies om God en sy weë te volg selfs al het dit ingedruis teen die wette van die land. Die boek Daniël spoor ons aan om God getrou te dien.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans