Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van DaniëlVoorbeeld

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

DAG 38 VAN 43

Week 6

Herstel en transformasie

Struikel

Lees: Daniël 11:31-36; Daniël 12:1-13

SOAP: Daniël 11:35

“Dan sal die vervolging party van die verstandige leiers tref sodat die volk gelouter, gesuiwer en gereinig kan word tot die eindtyd toe, want die einde is klaar bepaal.

Oordenking

Daniël het nog 'n visioen gehad in hoofstukke 11 en 12. Hierdie visioen het ook oor die einde van die tyd gegaan. Alhoewel daar baie vrae is wat vir Daniël en onsself onbeantwoord bly, is hy aangesê: “... hou die woorde geheim en verseël die boek tot die eindtyd toe” (Daniël 12:4).

Baie mense het baie tyd en energie spandeer om die presiese historiese gebeure en selfs datums vir die einde van die tyd uit te vind. Onthou, daar word spesifiek vir ons gesê ons sal nie weet nie.

Wat God wou hê dat Daniël en ons moet doen, is om aan te hou om getrou te lewe, maak nie saak wat die wêreld om ons van ons dink of aan ons doen nie. Soos die boek Daniël bewys het, stel God belang in hoe ons nou ons lewens leef. Hy ontwikkel ons karakter.

Almal van ons het al telkemale gestruikel en drooggemaak met dinge. Ons moet egter hierdie tye beskou as iets wat lei tot ons loutering en reiniging. God is in staat om die goeie uit ons foute te bring soos ons karakter groei. Soos ons meer van sy onbeperkte liefde, genade en barmhartigheid leer, word ons in staat gestel om dit aan ander te wys.

Die Skotse teoloog Sinclair Ferguson het gesê: "Karakter verskyn nie sommer uit die niet nie: dit is die resultaat van God se loutering van ons lewens deur beproewing — en ja, selfs lyding." In die boek Daniël het God se volk die verlies van hul huise, grond, die tempel en selfs skeiding van familie gely. Tog het God dit gebruik om die karakter van sy volk te ontwikkel sodat hulle soos sterre sou skyn wat baie mense tot regverdigheid sou bring.

Hoe jy leef maak vir God saak, of jy nou in 'n rustige seisoen is of 'n moeilike een beleef. As jy ontrou was, laat toe dat God tot jou hart spreek en jou bemoedig. Jy word deur God gelouter, gesuiwer en gereinig. Ontvang sy vergifnis en laat toe dat jou karakter en lewe verander word.

Gebed

Ons Hemelse Vader, U het my gemaak en elke haar op my kop word deur U getel. U ken die bekommernisse en vrese van my hart. U ken my foute. U weet wanneer ek struikel en wanneer ek val. Vergewe my Here. Reinig my en gee my wysheid. Ek bid dat u lig deur my sal skyn sodat u geregtigheid geken sal word deur diegene wat ek ontmoet. Amen.

Dag 37Dag 39

Aangaande hierdie leesplan

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

Om as Christen in hierdie wêreld te leef, kan soms baie eensaam wees. Dit mag voel asof ons die enigstes is wat Christus getrou volg. Daniël het ook voor soortgelyke uitdagings te staan gekom. Daniël en sy vriende het gekies om God en sy weë te volg selfs al het dit ingedruis teen die wette van die land. Die boek Daniël spoor ons aan om God getrou te dien.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans