Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van DaniëlVoorbeeld

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

DAG 40 VAN 43

God het 'n plan

Lees: Jeremia 29:1-14

SOAP: Jeremia 29:11

"Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!"

Oordenking

Hierdie woorde in Jeremia is geskryf aan diegene wat onlangs na Babilon weggevoer is. God se mense het nie geweet hoe hulle toekoms lyk nie. God het vir hulle 'n baie vreemde opdrag gegee. Hulle moes nie teen Babilon werk nie en ook nie aanpas om soos almal te lewe nie. In plaas daarvan moes hulle die goeie en voorspoed daarvan soek, om selfs in Babilon sy getuies te wees!

Daniel en sy vriende het beslis na hierdie opdrag geluister en probeer om dit uit te leef. Maar nie al God se mense het dit gedoen nie. Tog het God steeds sy belofte nagekom dat die ballingskap 70 jaar sou duur. God se planne is nie ontspoor nie. Sy planne was vir hoop.

God was besig om sy verlossingsplan uit te werk onder alle mense, op alle plekke, deur alle tye. Dit was nie net vir diegene in ballingskap nie. God was aan die werk om te herstel en te herbou wat gebreek was toe sonde hierdie wêreld ingekom het. Uit die teruggekeerde ballinge sou 'n afstammeling kom wat die Verlosser van die wêreld sou wees!

Dit is regtig nuttig om te weet dat Jeremia 29:11 geskryf is aan 'n hartgebroke volk wie se wêreld in beroering was. Hulle was nie seker hoe God kon toelaat dat hulle in die hande van hul vyande kon val nie. Tog bring God se woorde vir hulle vertroosting as hulle besef dat Hy die soewereine Heer van die hele geskiedenis is.

God se planne betrek jou! Dit beteken nie dat jy alles sal kry wat jy wil hê nie. Die mense van Juda het nie. Maar God se planne is om jou te gebruik om ander gelowiges aan te moedig en 'n lig te wees vir diegene wat Hom nog nie ken nie. Jy is die draer van sy hoop na die wêreld om jou, wat dikwels geen hoop het nie.

Gebed

Hemelse Vader, U bring hoop vir my en hierdie hele wêreld. Here, help my om U te vertrou wanneer my dae in beroering is en ek nie kan verstaan ​​nie. Mag ek U ken as die skrywer en voleinder van my geloof. Gebruik my om u vaste hoop na iemand in hierdie wêreld wat sonder hoop is, te bring. Amen.

Dag 39Dag 41

Aangaande hierdie leesplan

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

Om as Christen in hierdie wêreld te leef, kan soms baie eensaam wees. Dit mag voel asof ons die enigstes is wat Christus getrou volg. Daniël het ook voor soortgelyke uitdagings te staan gekom. Daniël en sy vriende het gekies om God en sy weë te volg selfs al het dit ingedruis teen die wette van die land. Die boek Daniël spoor ons aan om God getrou te dien.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans