Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van DaniëlVoorbeeld
God se inisiatief
Lees: Esegiël 36:18-28; Romeine 5:6-11
SOAP: Esegiël 36:26-27
“Ek sal julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees gee, Ek sal die klip hart uit julle liggaam uithaal en julle 'n hart van vleis gee. Ek sal my Gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens my voorskrifte leef en my bepalings gehoorsaam en nakom.”
Oordenking
Esegiël was 'n profeet wat in Jerusalem gewoon het toe die Babiloniërs die stad aangeval en oorgeneem het. Hy is saam met die eerste groep ballinge na Babilon geneem.
Terwyl hy in Babilon was, het God vir Esegiël 'n visioen gegee van wat in Jerusalem gebeur het. Hy het gesien hoe die mense Babiloniese afgode aanbid by die tempel! Hy het waarskuwings aan hulle gestuur om weg te draai, maar die mense het nie geluister nie. Inteendeel, hy het nuus ontvang van die vernietiging van die tempel. God het hom egter hoop gegee. God sou sy volk in hul land herstel en hulle sou Hom weer aanbid. Hulle harte sou verander word van harde klip na sagte vlees (Esegiël 11:18-21).
God het die inisiatief geneem. Hy sou hulle suiwer en reinig. Hy het sy belofte herhaal om vir hulle nuwe harte te gee, wat op Hom reageer en wat gehoorsaam was. Hulle sou kon sien dat hulle sy mense is en Hom aanbid. Dit sou ook 'n getuienis vir die nasies wees, sodat hulle die een ware God kon ken.
Dit is dieselfde met ons. God neem die inisiatief. "Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was" (Romeine 5:8). God verander ons nie omdat ons goed is of dit verdien nie, maar omdat Hy ons liefhet. Hy verwyder ons harte van klip en gee ons harte van vlees. Ons is selfs meer geseënd as die mense in die tyd van Esegiël omdat ons die Heilige Gees in ons het wat ons aanspoor en lei. Wat 'n wonderlike geskenk!
Ons het die voorreg om op sy groot liefde te reageer deur Hom met ons lewens te eer en te loof. Hy het ons gekies, ons gereinig en vir ons nuwe harte gegee wat gevul is met die Heilige Gees. Ons lewens is getransformeer, beide nou en vir altyd.
Gebed
Hemelse Vader, U het die inisiatief geneem om my met U te versoen. Terwyl ek dit nie verdien nie, verklaar Christus my regverdig! O, Here, U het my hart van klip geneem en dit vervang met 'n hart van vlees. Hou asseblief aan om enige dele van klip wat oorbly, weg te kap. Dankie dat die Heilige Gees geduldig werk om my meer soos Christus te maak. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Om as Christen in hierdie wêreld te leef, kan soms baie eensaam wees. Dit mag voel asof ons die enigstes is wat Christus getrou volg. Daniël het ook voor soortgelyke uitdagings te staan gekom. Daniël en sy vriende het gekies om God en sy weë te volg selfs al het dit ingedruis teen die wette van die land. Die boek Daniël spoor ons aan om God getrou te dien.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans