Elisa: Die Verhaal Van Belaglike GeloofVoorbeeld

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

DAG 11 VAN 13

Beginnende in 2 Konings 6:24 deur hoofstuk 7, herbesoek ons ʼn algemene tema in die lewe van Elisa waar God Elisa gebruik om in die behoeftes van sy mense te help voorsien. In hierdie gedeelte kry die Israeliete swaar deur hongersnood omdat hulle hoofstad onder beleg van die Arameërs is. Elisa profeteer dat God so baie kos sal voorsien dat dit amper waardeloos sal wees weens hul oorvloed. Die gevolg daarvan is weereens nog ʼn vreemde situasie in die lewe van Elisa toe die Israeliete vind dat die Aramese weermag verdwyn het en verspotlik al hulle kos en vooraad agter gelaat het. Weereens het God in die behoeftes van die Israeliete voorsien. God is daar vir Sy mense en Hy is daar vir jou.
Dink aan die tye wat jy in die nood was. Dink aan die maniere hoe Hy voortdurend in jou lewe verskyn het om te help om aan jou behoeftes te voorsien soos Hy met die Israeliete gedoen het. Filippense 4:19 vertel ons dat God jou elke behoefte sal vervul na die rykdom van Sy heerlikheid in Christus Jesus. Daardie belofte was waar duisende jare gelede vir die Israeliete en bly waar tot vandag toe vir jou. God sal jou nie verlaat nie en sal jou help om aan jou behoeftes te voorsien, maak nie saak hoe groot of klein dit is nie. Op watter maniere het jy gesien hoe God voortdurend jou behoeftes voorsien in jou lewe?
Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

Elisa is een van die mees fasinerende mense in Die Woord van God. Hy was 'n profeet wie se geloof en wonderwerke amper belaglik voorkom. Gedurende hierdie 13 dae leesplan sal jy deur die lewe van Elisa lees en leer van sy voorbeeld oor hoe die lewe kan wees wanneer jy oorgee en besluit om met belaglike geloof te leef.

More

We would like to thank Pastor Craig Groeschel and LifeChurch.tv for providing this plan. For more information, please visit: www.lifechurch.tv