Elisa: Die Verhaal Van Belaglike GeloofVoorbeeld

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

DAG 12 VAN 13

2 Konings 8:1-6 is ʼn verhaal van belaglike toevalligheid. In hierdie gedeelte sien ons die terugkeer van die Sunamitiese vrou wie se seun deur Elisa uit die dood uit opgewek is in 2 Konings 4. Die vrou het besluit om na Israel terug te keer as gevolg van ʼn hongersnood. Toe sy terugkom om die koning te sien het sy ingestap op die oomblik wat Elisa se assistent, Gehasi, die koning vertel hoe haar seun uit die dood uit opgewek is. Daardie oomblik van belaglike toevalligheid het die koning daartoe gelei om haar land terug te gee. By God is daar nie so 'n ding soos toevalligheid nie. Dink aan daardie oomblikke in jou lewe wat jy gedink het toeval was. Die kans is dat jy kan terugkyk en God aan die werk sien en wat jy gedink het toeval was, was in werklikheid ʼn Goddelike afspraak wat God vir jou geskeduleer het. Belangriker is dat jy jouself beskikbaar moet hou vir daardie Goddelike afsprake, want God sal dit weer skeduleer. Wees onbeskaamd in jou geloof en in plaas om vir God te wag om daardie “toevallighede” in jou lewe te bring, wees proaktief en vra God om daardie oomblikke meer gereeld in jou lewe te bring. Onthou daar is glad nie iets soos toevalligheid wanneer jy jou ten volle oop maak om deur God gebruik te word nie. Bekryf ʼn tyd toe jy ʼn toevalligheid ervaar het. Hoe het jy God aan die werk gesien in hierdie situasie?
Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

Elisa is een van die mees fasinerende mense in Die Woord van God. Hy was 'n profeet wie se geloof en wonderwerke amper belaglik voorkom. Gedurende hierdie 13 dae leesplan sal jy deur die lewe van Elisa lees en leer van sy voorbeeld oor hoe die lewe kan wees wanneer jy oorgee en besluit om met belaglike geloof te leef.

More

We would like to thank Pastor Craig Groeschel and LifeChurch.tv for providing this plan. For more information, please visit: www.lifechurch.tv