Elisa: Die Verhaal Van Belaglike GeloofVoorbeeld

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

DAG 9 VAN 13

Elisa se lewe het vol vreemde en belaglike oomblikke voorgekom. Een van die vreemdstes kom voor in 2 Konings 6:1-7. In hierdie gedeelte vind ons ʼn groep profete besig om bome, wat gebruik gaan word om nuwe huise te bou, met byle af te kap. Een van die profete het die kop van sy byl in die water verloor en hy raak ontsteld omdat dit geleen was. Elisa reageer deur ʼn stok te neem en dit op die plek in die water te gooi waar die bylkop geval het. Die kop van die byl dryf onmiddelik terug na die oppervlak. Wanneer jy die eerste keer die verhaal lees mag dit lyk of daar geen doel daartoe is nie, maar daar is baie om te leer van hierdie verhaal. God gee om vir wat jy verloor het. Geen saak is te klein vir ons God nie, selfs ʼn verlore bylkop. Wat het jy verloor? Het jy ʼn seëning, ʼn verhouding, vrede, finansiële krag, jou reputasie of enige iets anders verloor? Die goeie nuus is dat God so baie omgee vir wat ookal jy verloor het, dat Hy jou kan help om dit te herwin wat jy verloor het. God kan jou help om te vind wat jy verloor het deur te begin kyk waar dit geval het. Gaan terug na waar jy die spoor byster geraak het en laat God toe om jou terug te help op die spoor. Dit mag dalk nodig wees vir jou om op te hou met iets en iets anders te begin doen. Jou bylkop is nie weg nie.
Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

Elisa is een van die mees fasinerende mense in Die Woord van God. Hy was 'n profeet wie se geloof en wonderwerke amper belaglik voorkom. Gedurende hierdie 13 dae leesplan sal jy deur die lewe van Elisa lees en leer van sy voorbeeld oor hoe die lewe kan wees wanneer jy oorgee en besluit om met belaglike geloof te leef.

More

We would like to thank Pastor Craig Groeschel and LifeChurch.tv for providing this plan. For more information, please visit: www.lifechurch.tv