Elisa: Die Verhaal Van Belaglike GeloofVoorbeeld

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

DAG 8 VAN 13

In 2 Konings, hoofstuk 5, lees ons van ʼn buitelandse leërowerste genaamd Naäman, wat aan melaatsheid gelei het. Hy hoor by ʼn slawe meisie dat Elisa hom dalk kan genees, dus het hy weggegaan na Israel met ʼn gevolg en geskenke aan die koning gebring. Toe Naäman uiteindelik vir Elisa ontmoet, het hy verwag dat sy melaatsheid verwyder sou word slegs deur die wuif van Elisa se hande. In plaas daarvan het Elisa hom iets gevra wat vir Naäman belaglik gelyk het en dit was dat hy hom sewe maal in die Jordaan moes gaan was. Naäman het eers geweier om te doen wat Elisa vra, maar het dit uiteindelik gedoen na die aansporing van sy manne. Toe hy doen wat Elisa gevra het, is Naäman uiteindelik genees. Naäman se reaksie is ʼn baie algemene een.
Op ʼn sekere staduim van jou lewe het jy moontlik deur God gelei gevoel om iets te doen wat vir jou ʼn bietjie kranksinnig of belaglik gelyk het op daardie oomblik. Miskien het jy God gevra om iets in jou lewe te doen soos Naäman, maar Sy aanvanklike reaksie was nie wat jy verwag het nie en jy was nie bereid om jouself genoeg te verneder, om jou aan God se metodes te onderwerp nie. Wanneer ons God vra om iets in ons lewe te doen, moet ons dit nooit doen met ʼn houding of verwagting van presies hoe en wanneer Hy dit moet doen nie. Ons is nie groter as God nie en ons moet ons volle geloof in Hom plaas sodat Hy dit op die regte tyd en op die regte manier sal doen. Ons is nie in beheer nie. God is die een in beheer en soos Jesaja 55:8 ons vertel, is God se weë nie ons weë nie. Watter stappe kan jy neem om jouself ten volle voor God te verneder en te besef dat Sy weë nie jou weë is nie?
Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

Elisa is een van die mees fasinerende mense in Die Woord van God. Hy was 'n profeet wie se geloof en wonderwerke amper belaglik voorkom. Gedurende hierdie 13 dae leesplan sal jy deur die lewe van Elisa lees en leer van sy voorbeeld oor hoe die lewe kan wees wanneer jy oorgee en besluit om met belaglike geloof te leef.

More

We would like to thank Pastor Craig Groeschel and LifeChurch.tv for providing this plan. For more information, please visit: www.lifechurch.tv