Elisa: Die Verhaal Van Belaglike GeloofVoorbeeld

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

DAG 13 VAN 13

Elisa se lewe kom tot ʼn einde in 2 Konings 13:10-21 en hy het sy mees bissare en belaglike wonderwerk vir laaste gebêre. Nadat Elisa gesterf en begrawe is, het Moabitiese plunderaars Israel aangeval terwyl sommige Israeliete besig was om ʼn man te begrawe. Die aanval moes hulle verras het, want hulle het vinnig reageer en die man wat hulle besig was om te begerawe, in Elisa se graf gegooi. Toe die dooie man in aanraking met Elisa se beendere gekom het, het dit hom lewendig gemaak. Selfs in die dood het God voortgegaan om Elisa te gebruik as ʼn kanaal om ander in nood te help en om bonatuurlike dinge in die lewe van ander te doen. Elisa was ʼn profeet wie se geloof, gehoorsaamheid, medelye en dapperheid belaglik was. Of dit nou was om die bylkop te laat dryf, sy ploeg te verbrand in gehoorsaamheid aan Elía se roeping, of om ʼn dooie man terug te bring na lewe nadat hy self gesterf het, is Elisa sonder bevraagtekening een van die mees onvergeetlike persone in die Bybel.
Dit is tyd om belaglik te raak soos Elisa en op te hou terughou. Dit is tyd om risiko's te neem en besluite te neem wat die wêreld dalk nie mag verstaan nie. Elisa is ʼn volmaakte voorbeeld van hoe die lewe kan lyk as jy oorgee en besluit om met belaglike geloof te lewe. Wanneer jy oorgee en dit alles vir God gee, kan Hy wonderbaarlike dinge in jou lewe doen wat jy nooit gedink het moontlik is nie. Dit hang alles van jou af. Watter stappe moet jy neem om die belaglike geloof te hê wat Elisa gehad het?
Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

Elisa is een van die mees fasinerende mense in Die Woord van God. Hy was 'n profeet wie se geloof en wonderwerke amper belaglik voorkom. Gedurende hierdie 13 dae leesplan sal jy deur die lewe van Elisa lees en leer van sy voorbeeld oor hoe die lewe kan wees wanneer jy oorgee en besluit om met belaglike geloof te leef.

More

We would like to thank Pastor Craig Groeschel and LifeChurch.tv for providing this plan. For more information, please visit: www.lifechurch.tv