Elisa: Die Verhaal Van Belaglike GeloofVoorbeeld
Deurgans in Elisa se lewe, sien ons dat baie van die wonderwerke wat hy verig het, amper identies is aan Jesus se wonderwerke. In 2 Konings 4:8-37, voer Elisa een van hierdie soortgelyke wonderwerke uit deur die genesing van die seun van die Sunamitiese vrou. Toe Elisa die vrou vir die eerste keer ontmoet het, is hy so oorweldig deur haar vriendelikheid en gasvryheid, dat hy besluit het om haar te beloon met wat hy gedink het sy die meeste begeer - ʼn kind. God gee aan die vrou ʼn kind, maar jare later sterf die seun en die vrou vra Elisa se hulp om hom terug te bring na die lewe. Daar is twee interessante dinge in hierdie gedeelte. Die eerste is die belaglike manier waarop Elisa probeer om die kind uit die dood uit op te wek, deur bo-op hom te lê, mond-tot-mond, oog-tot-oog en hand-op-hand. Die tweede is die feit dat Elisa se eerste pogings om die seun op te wek onsuksesvol was.
Hoeveel keer het jy jou al in Elisa se posisie bevind? Jy vra God om iets te doen, en jy weet Hy kan, maar dit gebeur nie die eerste keer wat jy vra nie. Dit mag dae, maande, selfs jare neem. Moenie opgee wanneer jy die eerste keer onsuksesvol is nie. Hou aan bid. Hou aan om God te soek. Hy sal jou gebed beantwoord op die manier en tyd wat die beste is vir jou. Moenie moed verloor nie en hou aan bid. Wat is een ding wat jy vir God gevra het, maar Hy moet nog antwoord? Wat kan jy doen om te verseker dat jy nie opgee om God te vra en Hom te soek deur gebed vir hierdie ding nie?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Elisa is een van die mees fasinerende mense in Die Woord van God. Hy was 'n profeet wie se geloof en wonderwerke amper belaglik voorkom. Gedurende hierdie 13 dae leesplan sal jy deur die lewe van Elisa lees en leer van sy voorbeeld oor hoe die lewe kan wees wanneer jy oorgee en besluit om met belaglike geloof te leef.
More
We would like to thank Pastor Craig Groeschel and LifeChurch.tv for providing this plan. For more information, please visit: www.lifechurch.tv