Elisa: Die Verhaal Van Belaglike GeloofVoorbeeld

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

DAG 5 VAN 13

Voel jy oorweldig deur te veel verantwoordelikhede en uitdagings wat jou in die gesig staar om elke draai? Voel jy dat jy uit opsies geraak het en dat jy lewe op leeg? Dit is waarskynlik wat die vrou van die profeet wat gesterf het in 2 Konings 4:1-7 gevoel het. Met haar man se dood, was sy in desperate finansiële moeilikheid en het sy gevrees om alles te verloor wat sy het, insluitend haar seuns, aan skuldeisers. Sy het Elisa om hulp gevra. Toe hy haar vra wat sy het om mee te werk, het sy vir hom gesê dat sy niks het om mee te werk nie, behalwe ʼn klein flessie met olie. Miskien kan jy jou vereenselwig met die weduwee as jy dink dat jy nie genoeg het nie, jy voel desperaat en fokus geheel en al op jou beperkings. God sien jou probleem heeltemal anders as wat jy dit sien. ⏎Ons sien deurgans in die Skrif voorbeelde van hoe God spesialiseer daarin om baie te doen met ʼn bietjie en hierdie verhaal is nog ʼn uitsonderlike voorbeeld. Die wêreld mag dit sien as onlogies of belaglik, maar God nie. God het een fles olie geneem en dit vermeerder sodat die weduwee haar skuld kon betaal. Gedurende daardie tye wat jy oorweldig voel en uit opsies raak, onthou dat dit wat jy het, al is wat God nodig het. God het vir jou alles gegee wat jy nodig het. Waar in jou lewe voel jy oorweldig en voel jy dat jy niks oor het nie? Wat is van die dinge wat jy het, wat jou kan help om jou fokus te verander?
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

Elisa is een van die mees fasinerende mense in Die Woord van God. Hy was 'n profeet wie se geloof en wonderwerke amper belaglik voorkom. Gedurende hierdie 13 dae leesplan sal jy deur die lewe van Elisa lees en leer van sy voorbeeld oor hoe die lewe kan wees wanneer jy oorgee en besluit om met belaglike geloof te leef.

More

We would like to thank Pastor Craig Groeschel and LifeChurch.tv for providing this plan. For more information, please visit: www.lifechurch.tv