Elisa: Die Verhaal Van Belaglike GeloofVoorbeeld
Hoofstuk 3 van 2 Konings is ʼn fassinerende verhaal, waar ons die drie konings van Israel, Juda en Edom vind wat kragte saamgesmelt het om ʼn oorlog te veg wat hulle gedink het hul maklik kan wen, maar dinge het nie verloop soos beplan nie. Die konings het toe vir Elisa gevra om hulle te help in hul geveg. Die antwoord wat Elisa vir die konings gegee het was nie wat hulle verwag het nie. Elisa vertel hul (in die 1933 vertaling) om slote te grawe en dat God die slote met water sal vul, wat die troepe en hul vee sal voed. As hulle dit doen, sê Elisa vir die konings, sal God Moab in hul hand oorgee. Die konings het waarskynlik Elisa se versoek ʼn bietjie belaglik gevind, maar hulle het God se belofte geglo en gedoen wat vir hulle gesê is. ⏎Die verhaal gaan net oor geloof. Slegs God kan die water stuur, maar Hy wil hê dat jy die slote moet grawe. As jy bietjie water in jou lewe wil sien, grawe ʼn sloot. Ware geloof werk en glo groot, maar jy moet bereid wees om klein te begin. Die grootte van jou visie intimideer God nie. Baie dink nie groot genoeg nie, maar selfs meer wil nie klein begin nie. Hoe grawe jy ʼn sloot? Neem jou “graaf” en grawe die grond met een “graaf” op ʼn slag. Jy kan nie verwag dat God aan jou groot dinge moet gee as jy nie klein wil begin nie. Glo groot. Begin klein. Sit jou geloof in aksie deur ʼn paar slote te grawe. Wat is ʼn groot visie wat jy het, waar jy God se hulp nodig het om dit te bereik? Watter klein slote het jy nodig om te grawe om die proses te begin om daardie visie ʼn werklikheid te maak?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Elisa is een van die mees fasinerende mense in Die Woord van God. Hy was 'n profeet wie se geloof en wonderwerke amper belaglik voorkom. Gedurende hierdie 13 dae leesplan sal jy deur die lewe van Elisa lees en leer van sy voorbeeld oor hoe die lewe kan wees wanneer jy oorgee en besluit om met belaglike geloof te leef.
More
We would like to thank Pastor Craig Groeschel and LifeChurch.tv for providing this plan. For more information, please visit: www.lifechurch.tv