Elisa: Die Verhaal Van Belaglike GeloofVoorbeeld

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

DAG 7 VAN 13

In 2 Konings 4:38-44, gaan Elisa voort om wonderwerke te verrig wat soortgelyk is aan Jesus se wonderwerke. In die eerste wonderwerk, neutraliseer Elisa die gif in ʼn bredie wat vir die profete voorberei was. Die tweede wonderwerk bestaan daaruit dat Elisa 20 garsbrode vermeerder sodat daar genoeg was om 100 manne te voed. Hierdie wonderwerke is nog ʼn voorbeeld van hoe God Elisa gebruik het om die behoeftes van ander te vervul. Die kans is goed dat jy “vergiftigde bredie” in jou lewe gehad het wat God genees het. Miskien was dit iets fisies of iets van binne in jou hart of gedagtes. Miskien het jy iets giftigs in jou lewe op hierdie oomblik wat jy nie op jou eie kan verwyder nie en wat net deur die krag van God verwyder kan word. Net soos wat Hy gemaak het met iets so eenvoudig soos bredie, kan God enige en alle gif uit jou lewe verwyder en jou weereens nuut en gesond maak. Van watter gif het God jou lewe genees? Watter gif het jy op hierdie oomblik in jou lewe wat jy nodig het dat God moet genees?
Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

Elisa is een van die mees fasinerende mense in Die Woord van God. Hy was 'n profeet wie se geloof en wonderwerke amper belaglik voorkom. Gedurende hierdie 13 dae leesplan sal jy deur die lewe van Elisa lees en leer van sy voorbeeld oor hoe die lewe kan wees wanneer jy oorgee en besluit om met belaglike geloof te leef.

More

We would like to thank Pastor Craig Groeschel and LifeChurch.tv for providing this plan. For more information, please visit: www.lifechurch.tv