Elisa: Die Verhaal Van Belaglike GeloofVoorbeeld

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

DAG 1 VAN 13

Elisa se storie begin in 1 Konings 19:14-21 toe God vir Elia gesê het om Elisa te salf as die profeet wat hom vervang. In hierdie gedeelte lees ons dat Elia vir Elisa gekry het waar hy in die veld besig was om te ploeg met 'n paar osse en het onmiddelik sy mantel oor Elisa gegooi as 'n uitnodiging om hom te volg. Elisa was dadelik gehoorsaam en het sy ploeg verbrand en die osse gaargemaak en vir sy vriende gegee om te eet. Elisa het belaglike toewyding aan Elia gewys. Hy het geen tyd vermors om gehoorsaam te wees nie. Hy het nie weggegaan om tyd te neem om daaroor na te dink nie. Hy het nie 'n lys van voordele en nadele uitgeskryf nie. Hy het nie veilig gespeel nie. Hy het dadelik ja gesê vir God se roeping deur Elia.
Elisa se belaglike toewyding wys dat die koste om God te volg uitstekend is, maar die koste om Hom nie te volg nie is nog groter. Verder, Elisa se toewyding was voltooid. Hy het sy ploeë verbrand, sy beeste geslag en sy familie se erfenis agtergelaat. Hy het alles wat hy geken het en voor lief was agter gelaat. Elisa wys ons, om na jou lotsbestemming toe te stap, moet jy eers wegstap van jou sekuriteit af. Is jou toegewydheid tot God onmiddelik en volmaak soos Elisa s'n? Watter sekuriteit mag jy nodig hê om vanaf weg te stap sodat jy na jou lotsbestemming kan stap?
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

Elisa is een van die mees fasinerende mense in Die Woord van God. Hy was 'n profeet wie se geloof en wonderwerke amper belaglik voorkom. Gedurende hierdie 13 dae leesplan sal jy deur die lewe van Elisa lees en leer van sy voorbeeld oor hoe die lewe kan wees wanneer jy oorgee en besluit om met belaglike geloof te leef.

More

We would like to thank Pastor Craig Groeschel and LifeChurch.tv for providing this plan. For more information, please visit: www.lifechurch.tv