1
Deuteronomium 28:1
Die Bybel 2020-vertaling
“ As jy aandagtig luister na die stem van die HERE jou God deur al sy gebooie wat ek vandag vir jou voorskryf, nougeset na te kom, sal die HERE jou God jou verhoog bo al die nasies van die aarde.
Vergelyk
Verken Deuteronomium 28:1
2
Deuteronomium 28:2
Al hierdie seëninge sal jy ontvang, en dit sal jou deel word as jy luister na die stem van die HERE jou God
Verken Deuteronomium 28:2
3
Deuteronomium 28:13
Die HERE sal jou die kop maak, nie die stert nie. Jy sal net na bo beweeg, nie na onder nie, as jy gehoorsaam is aan die gebooie van die HERE jou God wat ek jou vandag opdra om noukeurig na te kom.
Verken Deuteronomium 28:13
4
Deuteronomium 28:12
Die HERE sal vir jou sy goeie skatkamer, die hemel, oopmaak om die reën van jou land op tyd vir jou te gee en al jou handewerk te seën. Jy sal aan baie nasies uitleen, maar jy sal self nie hoef te leen nie.
Verken Deuteronomium 28:12
5
Deuteronomium 28:7
Die HERE sal jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan. Met een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie sal hulle voor jou uit vlug.
Verken Deuteronomium 28:7
6
Deuteronomium 28:8
“Die HERE sal vir jou seën stuur – in jou graanskure en in alles waaraan jy jou hand waag. Ja, die HERE jou God sal jou seën in die land wat Hy vir jou gaan gee.
Verken Deuteronomium 28:8
7
Deuteronomium 28:6
“Geseënd sal jy wees wanneer jy terugkeer en geseënd sal jy wees wanneer jy uittrek.
Verken Deuteronomium 28:6
8
Deuteronomium 28:3
“Geseënd sal jy wees in die dorp en geseënd sal jy wees in die veld!
Verken Deuteronomium 28:3
9
Deuteronomium 28:4
Geseënd die vrug van jou liggaam, die vrug van jou grond en die vrug van jou diere – die aanteel van jou beeste en die aanwas van jou kleinvee!
Verken Deuteronomium 28:4
10
Deuteronomium 28:9
“Die HERE sal jou vestig as 'n heilige volk vir Hom, soos Hy aan jou met 'n eed beloof het. As jy die gebooie van die HERE jou God nakom en sy paaie volg
Verken Deuteronomium 28:9
11
Deuteronomium 28:5
Geseënd jou mandjie, en jou knieskottel!
Verken Deuteronomium 28:5
12
Deuteronomium 28:11
Op die grond wat die HERE aan jou voorvaders met 'n eed beloof het om aan jou te gee, sal die HERE aan jou ryke oorvloed skenk met die vrug van jou liggaam, die vrug van jou diere en die vrug van jou grond.
Verken Deuteronomium 28:11
13
Deuteronomium 28:10
sal al die volke van die aarde sien dat die Naam van die HERE oor jou uitgeroep is, en hulle sal ontsag vir jou hê.
Verken Deuteronomium 28:10
14
Deuteronomium 28:14
Van al die gebooie wat ek julle vandag opdra, mag jy nie links of regs afwyk deur agter ander gode aan te loop en hulle te dien nie.
Verken Deuteronomium 28:14
15
Deuteronomium 28:15
“As jy egter nie na die stem van die HERE jou God luister deur al sy gebooie en vaste voorskrifte wat ek vandag vir julle voorskryf, nougeset na te kom nie, sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou tref
Verken Deuteronomium 28:15
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's