1
Spreuke 11:25
Die Bybel 2020-vertaling
'n Gulhartige persoon geniet oorvloed, en wie 'n ander se dors les, kry self ook genoeg te drinke.
Vergelyk
Verken Spreuke 11:25
2
Spreuke 11:24
Daar is iemand wat uitdeel, en hy verkry steeds meer, en een wat meer as wat nodig is, terughou – net om gebrek te ly.
Verken Spreuke 11:24
3
Spreuke 11:2
As verwaandheid kom, kom skande, maar by beskeie mense is daar wysheid.
Verken Spreuke 11:2
4
Spreuke 11:14
Sonder leierskap val 'n volk, maar oorwinning lê by baie raadgewers.
Verken Spreuke 11:14
5
Spreuke 11:30
Die vrug van 'n regverdige is 'n boom van lewe, maar geweld neem lewens weg.
Verken Spreuke 11:30
6
Spreuke 11:13
Wie as 'n skindertong rondgaan, openbaar geheime, maar 'n betroubare persoon hou die saak verborge.
Verken Spreuke 11:13
7
Spreuke 11:17
Wie troue liefde betoon, doen goed aan homself; 'n hartelose mens stort homself in die ongeluk.
Verken Spreuke 11:17
8
Spreuke 11:28
Wie op sy rykdom vertrou, val self, maar soos groen blare spruit regverdiges uit.
Verken Spreuke 11:28
9
Spreuke 11:4
Rykdom baat niks in 'n tyd van gramskap nie, maar regverdigheid red van die dood.
Verken Spreuke 11:4
10
Spreuke 11:3
Die onkreukbaarheid van opregtes lei hulle, maar die verdorwenheid van verraderlikes vernietig hulle.
Verken Spreuke 11:3
11
Spreuke 11:22
'n Goue ring aan 'n vark se snoet – so is 'n vrou wat mooi is, maar goeie oordeel prysgee.
Verken Spreuke 11:22
12
Spreuke 11:1
'n Vals weegskaal is vir die HERE afstootlik, maar 'n egte gewig geniet sy goedkeuring.
Verken Spreuke 11:1
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's