1
Spreuke 12:25
Die Boodskap
Bekommernis versuur jou lewe. ’n Bemoedigende woord van ’n gelowige maak jou gelukkig.
Vergelyk
Verken Spreuke 12:25
2
Spreuke 12:1
Wie die lesse van die lewe ernstig opneem, is slim. Wie uit sy foute leer, leer die kuns van die lewe ken. Wie na geen raad luister nie, is dom.
Verken Spreuke 12:1
3
Spreuke 12:18
Party mense maak ander graag seer. Hulle woorde is soos ’n skerp mes wat alles stukkend sny. ’n Gelowige se woorde bemoedig ander en gee hulle moed vir die lewe.
Verken Spreuke 12:18
4
Spreuke 12:15
Dit is net ’n dom mens wat dink dat hy alleen reg is, wat dink dat hy alleen oor die waarheid beskik. ’n Wyse mens luister graag na ander se raad.
Verken Spreuke 12:15
5
Spreuke 12:16
’n Dom mens wys dadelik dat hy kwaad is. Hy doen niks om dit weg te steek nie. Almal kan sy woedende gesig sien. ’n Gelowige verontagsaam beledigings. Hy hoor dit sonder om hom te ontstel.
Verken Spreuke 12:16
6
Spreuke 12:4
’n Goeie vrou beteken vir ’n man verskriklik baie. Sy versier sy lewe soos ’n mooi kledingstuk. Iemand wie se vrou ’n skandemaker is, se lewe is nag. Sy is soos ’n ongeneeslike siekte.
Verken Spreuke 12:4
7
Spreuke 12:22
Die Here haat ’n spul liegstories. Hy is lief vir mense wat die waarheid praat.
Verken Spreuke 12:22
8
Spreuke 12:26
Gelowiges laat vriende vir hulle wys wat om te doen. Slegte mense lei ander die afgrond in. ’n Gelowige se lewe is vol opwinding. Wie net die verkeerde dinge doen se lewe is vol ellende. Dit is soos die dood.
Verken Spreuke 12:26
9
Spreuke 12:19
Mooi woorde verloor nooit hulle krag nie. Leuentaal is waardeloos. Woorde wat nie opreg is nie, beteken niks nie.
Verken Spreuke 12:19
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's